Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Potgooi Soek
-
Die geskiedenis voor Jesus se geboorte
Dinsdag 25 Desember 2018Lizelle de Bruin gesels met dr. Stephan Joubert oor die geskiedenis wat Jesus se geboorte vooraf gegaan het. In dié tyd was die Romeine die wêreldheersers. Daar was ‘n berekeningsfout in die jaarkalender, en die Sterrekykers van die Ooste se beroep is op ‘n interessante wyse gebruik om hulle in die regte rigting te stuur.
-
Kersfees saam met die jeug
Dinsdag 25 Desember 2018Arehan Brand vind meer uit van die Oakhill Kerk in Durbanville se jaarlikse Kersproduksie, en hoe die jeug daarby betrokke is. Percy Mogale gesels met ‘n paar jong mense van Macassar oor hulle Kersfeestradisies en wat hulle op hierdie spesiale dag doen.
-
Die ster-lig brand!
Dinsdag 25 Desember 2018‘n Moderne Kersprogram geskryf deur Flip Loots: Dit is ‘n winderige, donker Oukersaand. ‘n Paar haweloses skuil teen die koue om ‘n vuurtjie voor ‘n toe kettingwinkel. Dan gebeur die onverwagte. Die winkel se elektroniese ster-lig bo-op die dak begin skielik vanself brand…
-
Krismis om die ghêlieblik
Dinsdag 25 Desember 2018Haidee Muller gaan kyk hoe die plakker-inwoners van Freedom Farm in die Wes-Kaap Kersfees vier. Sy gesels met hulle oor hulle onthougoed en vreugdes om 'n vuurtjie wat in 'n groot blik, 'n ghêlieblik, gemaak word. Die mense hier het min, maar hulle koester dié spesiale dag so op hulle eie manier.
-
Lampie se heldedaad
Dinsdag 25 Desember 2018Chrisman het ‘n probleem. Hy wil baie graag al sy speelgoed saam see toe neem, maar hy kan ongelukkig net vyf kies, anders is daar nie plek in die kar vir al die ander belangrike bagasie nie. Lampie die Skapie is Chrisman se geliefde speelding, en het van sy geboorte af nog elke jaar saam see toe gegaan. ‘n Groot misverstand tussen Chrisman se ouers veroorsaak dat Lampie ‘n baie moeilike besluit moet neem. Gaan hy saam see toe, of gee hy sy plek in die kar vir Chrisman se blink nuwe kersgeskenk?
-
Krismiskinners
Maandag 25 Desember 2017Haidee Muller hoor hoe die jongspan Kersfees ervaar en vier. Hulle sing ook vir haar Kersliedjies.
-
Vier meer as Kersfees
Maandag 25 Desember 2017Lizelle de Bruin gesels met dr. Stephan Joubert oor Jesus se kinderdae, Jesus se ewige identiteit en hoekom net twee evangelies oor Jesus se kinderdae handel.
-
Die lang wag was die moeite werd
Maandag 25 Desember 2017Wat is die oorsprong van Christene se Kersfees-vierings? Flip Loots kyk na Bybelse profesieë wat die koms van die geboorte van Jesus Christus aankondig. Hy gesels met dr. Isak Burger, voormalige president van die AGS van Suid-Afrika, oor Joodse gebruike destyds, en aktuele vrae in vandag se tyd oor Kerstyd.
-
Emma se groot Karookersfees
Maandag 25 Desember 2017Emma Potgieter en haar gesin stop langs die pad om hulle padkos te eet. Sy ontdek ‘n streepsak in die veld naby die stilhouplek. In die sak is daar ‘n groot verrassing...
-
'n Tienerkerskous
Maandag 25 Desember 2017Kersfees is ‘n tyd van liefde en vrede, maar die vrede word soms versteur wanneer ouers die vieringe op tradisionele maniere wil voortsit. Wat is in jongmense se Kerskouse - hoe sal hulle kersfees wil vier?