Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Skrywers en boeke 20 Junie 2018
    Skrywers en boeke 20 Junie 2018
    Woensdag 20 Junie 2018

    Ilse Salzwedel gesels oor kinder- en jeugboeke, en drie jong lesers vertel wat hulle dink van die Afrikaanse boeke wat hulle onlangs gelees het. In sy insetsel oor die internasionale boekwęreld gesels Johan Myburg onder meer oor die PEN Pinter-prys en die wenner van die Women's Prize for Fiction, Kamila Shumzi. Sy lees ook voor uit haar wenboek.

  • Skrywers en boeke 13 Junie 2018
    Skrywers en boeke 13 Junie 2018
    Woensdag 13 Junie 2018

    Ilse Salzwedel gesels met Anneliese Burgess oor HEIST, haar boek oor transitorooftogte. Annemarie van der Walt vertel waarna feesgangers kan uitsien by die ATKV-boekoase by Innibos. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en praat onder meer oor 'n bekende skrywer se woede omdat sy nie vir 'n internasionale prys benoem is nie.

  • Skrywers en boeke 6 Junie 2018
    Skrywers en boeke 6 Junie 2018
    Woensdag 6 Junie 2018

    Die Britse skrywer Kate Mosse was onlangs in Suid-Afrika om haar nuwe roman THE BURNING CHAMBERS, wat in Franschhoek afspeel, te kom bekendstel. Mosse is ook een van die stigterslede van die Orange Prize for Fiction, en gesels oor dié gesogte prys en haar eie skryfwerk. Rudi van Rensburg gesels oor sy nuwe spanningsroman YS. En Johan Myburg deel oudergewoonte interessanthede uit die internasionale boekewęreld.

  • Skrywers en boeke 30 Mei 2018
    Skrywers en boeke 30 Mei 2018
    Woensdag 30 Mei 2018

    Ilse Salzwedel gesels met die veteraan radio-persoonlikheid Kate Turkington oor haar biografie YES REALLY! Bets Smith vertel meer oor haar vierde spanningsroman KRINGLOOP. Die skrywer Elkarien Fourie het deelgeneem aan 'n uitreikprogram gemik op leesbevordering by die Drakenstein Gevangenis, en vertel van haar ervaring.

  • Skrywers en boeke 23 Mei 2018
    Skrywers en boeke 23 Mei 2018
    Woensdag 23 Mei 2018

    Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor drie interessante Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het. Jy kan ook luister na 'n uittreksel uit 'n Woordfees-onderhoud wat Dave Pepler met Riana Scheepers gevoer het oor haar nuwe roman STORMKIND. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, en gesels onder meer oor 'n gesogte letterkundeprys wat 'n kis Franse sjampanje en die naamregte van 'n opreggeteelde vark as enigste prys het!

  • Skrywers en boeke 16 Mei 2018
    Skrywers en boeke 16 Mei 2018
    Woensdag 16 Mei 2018

    Ilse Salzwedel gesels met Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, oor 'n paar nuwe Afrikaanse boeke wat sy onlangs gelees het. Cecilia van Zyl gesels oor DIE ROOIKOP EN DIE REDAKTEUR, 'n bundel tydskrifkortverhale uit die vyftigerjare uit die pen van André P. Brink wat pas verskyn het. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewęreld, en gesels onder meer oor die wenner van die Dylan Thomas-prys. Hoor ook uie is op die Media 24- en Sunday Times-kortlyste vir letterkunde.

  • Skrywers en boeke 9 Mei 2018
    Skrywers en boeke 9 Mei 2018
    Woensdag 9 Mei 2018

    Ilse Salzwedel gesels met Jaco Fouche oor sy nuwe jeugroman SOMER. Johan Myburg gesels oor gebeure in die internasionale boekwęreld, en gee onder meer agtergrond oor die besluit om vanjaar nie 'n Nobelprys vir letterkunde toe te ken nie.

  • Skrywers en boeke 2 Mei 2018
    Skrywers en boeke 2 Mei 2018
    Woensdag 2 Mei 2018

    Ilse Salzwedel gesels met Ruda Landman oor haar nuwe boek, TELL ME YOUR STORY. In Johan Myburg se insetsel oor die internasionale letterkunde kan jy onder meer luister na 'n deel van die bekroonde Nigeriese skrywer Chimamanda Ngozi Adichie se onlangse toespraak by die Stockholm Forum vir Geslagsgelykheid.

  • Skrywers en boeke 25 April 2018
    Skrywers en boeke 25 April 2018
    Woensdag 25 April 2018

    Christelle Webb-Joubert gesels met Cecile Cilliers oor haar kortverhaalbundel DIE OU VROU EN DIE PRIESTER. Ilse Salzwedel gesels met Haydn Eastwood oor sy biografie LIKE SODIUM IN WATER. In sy insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor die Pulitzerpryse wat onlangs toegeken is.

  • Skrywers en boeke 18 April 2018
    Skrywers en boeke 18 April 2018
    Woensdag 18 April 2018

    Veelbekroonde digter Bibi Slippers gesels oor die digkuns, die rigting wat Afrikaanse poësie ingeslaan het, en hoe 'n mens 'n gepubliseerde digter word. Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer die kortlys van die Man Bookerprys.