Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Wie is ek? 17 Augustus 2018
    Wie is ek? 17 Augustus 2018
    Vrydag 17 Augustus 2018

    Vermoed jy jou kind is onnodig angstig oor die wreld om hulle? Byvoorbeeld, wil hulle die hele tyd weet wat die volgende dag gaan gebeur, of mt hulle klere altyd reggesit wees, of is hulle te bang om skool toe te gaan? Angstigheid onder kinders is besig om wreldwyd n probleem te word vir sowel ouers as kinders. Lise Swart vind uit hoe ouers n kind se angstigheid kan leer bestuur, en hoekom dit belangrik is.

  • Wie is ek? 10 Augustus 2018
    Wie is ek? 10 Augustus 2018
    Vrydag 10 Augustus 2018

    Wat is die verskil tussen n narsistiese-persoonlikheidsversteuring en iemand wat selfsugtig of selfgesentreerd optree? Dink jy jou verhoudingsmaat is dalk n narsis? Watter rol speel jy in hoe jou lewensmaat hulle narsistiese neigings uitleef?

  • Wie is ek? 3 Augustus 2018
    Wie is ek? 3 Augustus 2018
    Vrydag 3 Augustus 2018

    Is jy gediagnoseer met n sielkundige toestand, maar jy is te bang om vir jou werkgewer daarvan te vertel? Is jy bang jy kan moontlik jou werk verloor, of hoe jy hanteer gaan word? Is jy n werkgewer wat nie seker is hoe om personeel met sielkundige diagnoses te hanteer nie? Lise Swart kyk na albei partye se perspektief, en hoe om die situasie te benader.

  • Wie is ek? 27 Julie 2018
    Wie is ek? 27 Julie 2018
    Vrydag 27 Julie 2018

    Daar word gereeld veryws na die druk wat tieners deesdae ervaar, hetsy van die skool, ouers of van hulleself. Lise Swart praat met kliniese sielkundige Louis Awerbuck oor die indentifisering van te veel druk, die effek en die hantering daarvan.

  • Wie is ek? 20 Julie 2018
    Wie is ek? 20 Julie 2018
    Vrydag 20 Julie 2018

    Wat is die verskil tussen 'n kind met gedragsprobleme en n stout kind (of n kind wat kanse vat)? Wat is die emosionele implikasies vir n kind met gedragsprobleme, of n kind wat hanteer word asof hulle gedragsprobleme het?

  • Wie is ek? 13 Julie 2018
    Wie is ek? 13 Julie 2018
    Vrydag 13 Julie 2018

    So verskriklik soos wat dit is, word almal in Suid-Afrika blootgestel daaglikse aan trauma bootgestel weens misdaad en geweld. Ons hoor dit op die radio, lees daaroor in koerante, en sommige ervaar dit persoonlik of deur geliefdes. Posttraumatiese stres en sekondre posttraumatiese stres is n realiteit, maar hoekom word sekere mense meer daardeur geraak as ander? Hoe kan jy voor die tyd weet hoe traumasensitief jy is? Hoekom is dit enigsins nodig om bewus te wees daarvan?

  • Wie is ek? 6 Julie 2018
    Wie is ek? 6 Julie 2018
    Vrydag 6 Julie 2018

    Lise Swart sit die gesprek voort met sielkundige Christine Nell oor mede-afhanklikes. Hoekom kan mense hulle identiteit kan verloor en afhanklik raak van iemand anders? Hoe raak dit verhoudings? Hoe kan n persoon aanleer om meer verantwoordelikheid te neem vir hulle eie keuses, emosies en gedrag?

  • Wie is ek? 29 Junie 2018
    Wie is ek? 29 Junie 2018
    Vrydag 29 Junie 2018

    Is jy in n verhouding waar jy voel jou maat verwag van jou om alles vir hulle doen en op alle vlakke vir hulle emosioneel te moet bystaan? Is jy dalk in n verhouding met n mede-afhanklike? Hoor wat n mede-afhanklike is, hoe hulle kan aanleer om eie verantwoordelikheid te neem, en hoekom mense afhanklik raak van ander.

  • Wie is ek? 22 Junie 2018
    Wie is ek? 22 Junie 2018
    Vrydag 22 Junie 2018

    Die meeste mense is bewus van depressie, en die gevolge wat dit vir n persoon kan inhou, maar selfs diegene wat al jare lank met die siekte veg, kan nog daardeur oorweldig word. Lise Swart kyk na die tekens van depressie wat baie keer misgekyk word. Daar word ook raad gegee oor post-natale depressie.

  • Wie is ek? 15 Junie 2018
    Wie is ek? 15 Junie 2018
    Vrydag 15 Junie 2018

    Ons almal het n verhouding met seks, selfs al is jy enkellopend. Seks is deel van volwassene wees, so dit is nodig om te kyk na jou eie verhouding om meer van jouself te verstaan, veral wanneer dit jou lewe of lewenskwaliteit benvloed, want jy hou te veel van seks of jy hou te min daarvan. Wat is j verhouding met seks?