Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Gesondheid 22 November 2017
    Gesondheid 22 November 2017
    Woensdag 22 November 2017

    As jy nog nie in jou lewe sinusprobleme ondervind het nie, is jy beslis deel van n rare groep mense. Wat is die doel van die sinusholtes in jou kop? Hoe werk sinusprobleme en waarom is sinusoonsteking so hardnekkig?

  • Gesondheid 15 November 2017
    Gesondheid 15 November 2017
    Woensdag 15 November 2017

    Hoe kan n middel wat op jou niere werk, jou bloedglukose-vlakke verlaag? Waarom is dokters opgewonde oor die nuwe anti-diabetes-middels? Waarom is t lae bloed-glukose-vlakke lewensgevaarlik? Mar Hudson gesels tydens diabetes-bewustheidsmaand met n internis oor die jongste inligting oor di bedrieglike siekte, wat aan die toeneem is.

  • Gesondheid 8 November 2017
    Gesondheid 8 November 2017
    Woensdag 8 November 2017

    Tipe 2 diabetes kan jou o en niere aantas, maar die effek van tipe 2 diabetes as oorsaak van hartaanvalle en beroerte is jare lank onderskat. Binnekort sal twee nuwe bekostigbare anti-diabetes-middels ook in Suid-Afrika beskikbaar wees, wat wel diabete se risiko vir hartvatsiektes kan verlaag. In die eerste van 'n reeks van twee programme oor tipe 2 diabetes, gesels Mar Hudson met n internis oor die redes waarom bloedsuikervlakke goed beheer moet word, en die behandeling wat tans beskikbaar is.

  • Gesondheid 1 November 2017
    Gesondheid 1 November 2017
    Woensdag 1 November 2017

    Baie babas se ogies kyk oormekaar wanneer hulle klein is, maar hoe weet ouers wanneer di skeelheid tot blindheid in een ogie kan lei? Hoe word n lui ogie behandel, en skeelheid reggestel? Wat is driedimensionele visie en myasthenia gravis, oftewel hang-ooglid? Mar Hudson gesels met n oogarts oor die diagnosering en behandeling van di probleme.

  • Gesondheid 25 Oktober 2017
    Gesondheid 25 Oktober 2017
    Woensdag 25 Oktober 2017

    Kanker en ander ernstige siektes van, of beserings aan die kop en nek, is besig om toe neem. Waarom? Word di probleme vroeg genoeg opgespoor? En hoe maak spesialiste wanneer omvattende chirurgie nodig is? Mar Hudson gesels met n oor-, neus- en keelspesialis oor die behandeling van di ernstige probleme.

  • Gesondheid 18 Oktober 2017
    Gesondheid 18 Oktober 2017
    Woensdag 18 Oktober 2017

    Hoe maak n oor-, neus- en keelspesialis n gat in die oordrom reg? Wanneer het n kind grommets nodig? Wie se mangels moet verwyder word? Hoe behandel mens sinus-ontsteking?

  • Gesondheid 11 Oktober 2017
    Gesondheid 11 Oktober 2017
    Woensdag 11 Oktober 2017

    Gloukoom is n siekte wat jou ongesiens kan bekruip en tot blindheid kan lei. As dit betyds opgespoor word, dikwels sonder dat jy enige simptome het, kan dit met druppels of chirurgie behandel word.

  • Gesondheid 4 Oktober 2017
    Gesondheid 4 Oktober 2017
    Woensdag 4 Oktober 2017

    Die hondsdolheid-virus kan oorgedra word as n hondsdol dier jou byt of selfs net lek, en beweeg met die senuweeselle langs tot in die brein. Dit kan behandel word voordat die virus die brein bereik, maar nie daarna nie. Mar Hudson gesels met n spesialis oor hondsdolheid. en oor longontsteking, wat ook dodelik kan wees.

  • Gesondheid 27 September 2017
    Gesondheid 27 September 2017
    Woensdag 27 September 2017

    Het jy geweet dat sommige histerektomies onnodig gedoen word, of dat baie vroue jare lank verkeerdelik met antibiotika behandel word vir urienweg-infeksies terwyl hulle eintlik aan pynlike blaas-sindroom ly? Het jy geweet dat jou blaas goeie bakterie bevat wat die binnelagie beskerm en sonder di mikrobioom kan sake pynlik skeefloop? Mar Hudson gesels met n uro-ginekoloog oor die oorsake van chroniese pelviese (bekken) pyn, blaaslek, pynlike blaas-sindroom en die jongste behandelings vir blaasprobleme.

  • Gesondheid 20 September 2017
    Gesondheid 20 September 2017
    Woensdag 20 September 2017

    Het jy geweet dat babas tydens die geboorteproses met die menslike papiloomvirus kan aansteek, en dat di virus die baba se lugpyp s kan vernou dat hy kan sukkel om asem te kry? Ons gesels oor hierdie probleem, n nuwe program vir koglere inplantings by die Universiteit van Kaapstad, en oor vier verskilllende herpesvirusse, waarvan een klierkoors veroorsaak en waarom die klierkoorsvirus die soenvirus genoem word.