Nou op die lug

Deurnag (Donderdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Groeipyne 21 Mei 2020
    Groeipyne 21 Mei 2020
    Donderdag 21 Mei 2020

    Johan van Lill praat met Fanie Kriel, 'n pastorale berader, oor hoe om moeilike tieners te hanteer. Hoe gemaak as jou tiener jou uitdaag? En hoe kan ek opbouende gesprekke met my tieners h wanneer hulle skielik te kenne gee dat hulle soveel slimmer is as jy?

  • Groeipyne 14 Mei 2020
    Groeipyne 14 Mei 2020
    Donderdag 14 Mei 2020

    Johan van Lill praat met Zuleka Smit, 'n Graad R-onderwyser by Klein Bois High in die Paarl, oor hoe om 'n voorskoolse kind gereed te kry vir formele leer. Vanjaar is dit n uitdaging omdat die kinders langer by die huis is. Waarop moet ouers of versorgers fokus?

  • Groeipyne 7 Mei 2020
    Groeipyne 7 Mei 2020
    Donderdag 7 Mei 2020

    Johan van Lill praat met dr. Marelize Vlok by die ongevalle-afdeling van die hospitaal waar sy werk. Hoe gemaak as jou kind n noodgeval beleef, en jy moet hom of haar na die ongevalle-afdeling toe neem waar dit skielik nou heeltemal anders is as voorheen. Ons vind uit wat jy daar te wagte kan wees, sodat jy jou kind kan voorberei daarop.

  • Groeipyne 30 April 2020
    Groeipyne 30 April 2020
    Donderdag 30 April 2020

    Johan van Lill praat met twee Graad R onderwysers oor waarop jy moet fokus met jou voorskoolse kind by die huis. Hoe kry ek hulle gereed vir formele leer in Graad 1 sonder om skool te hou.

  • Groeipyne 23 April 2020
    Groeipyne 23 April 2020
    Donderdag 23 April 2020

    Johan van Lill praat met Lynette Beer oor kinders se verskillende temperamente, en hoe kennis hiervan jou kan help om dinge makliker by die huis te hanteer.

  • Groeipyne 16 April 2020
    Groeipyne 16 April 2020
    Donderdag 16 April 2020

    Johan van Lill praat met Quinton Adams, 'n opvoedkundige sielkundige, en onderwyskundige Alta Greeff oor die dinge waaroor ouers, versorgers en kinders bekommerd is in die grendeltyd van COVID19. Wat is jou vrese en wat kan jy daaraan doen in hierdie tyd van afsondering?

  • Groeipyne 9 April 2020
    Groeipyne 9 April 2020
    Donderdag 9 April 2020

    Johan van Lill praat met opvoedkundige sielkundiges Elzette Fritz en Talitha Veldsman oor hoe om kajuitkoors te hanteer. Kinders kry kajuitkoors wanneer hulle vir lang tye in isolasie moet wees, weggaan vir n vakansie en uit hulle gewone roetine moet funksioneer.

  • Groeipyne 2 April 2020
    Groeipyne 2 April 2020
    Donderdag 2 April 2020

    Johan van Lill praat met onderwyskundige Jaco de Kock oor lekker dinge wat mens by die huis kan doen terwyl almal ingeperk is. Hy gee idees vir aktiwiteite wat jy met kinders van enige ouderdom kan aanpak, en waar leer gebeur sonder dat die kinders dit agterkom!

  • Groeipyne 26 Maart 2020
    Groeipyne 26 Maart 2020
    Donderdag 26 Maart 2020

    Johan van Lill gesels verder met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor digitale ouerskap, hoe mens al die elektroniese huiswerk wat kinders nou van skole gaan ontvang kan hanteer, en wat is die belangrike vaardighede is wat kinders moet aanleer tydens afstandsonderwys.

  • Groeipyne 19 Maart 2020
    Groeipyne 19 Maart 2020
    Donderdag 19 Maart 2020

    Johan van Lill praat met Alta Greeff, operasionele hoof van Die Mos-inisiatief en onderwyskundige, oor hoe ouers en versorgers die internet kan gebruik om sinvolle, stimulerende en leersame gesprekke met hulle kinders te h. Ons verwys spesifiek na voorbeelde van TEDtalks wat mense kan gebruik om uitdagende situasies met hulle tieners te hanteer.