Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • RSG Landbou 22 Julie 2017
    RSG Landbou 22 Julie 2017
    Saterdag 22 Julie 2017

    Met die uitsondering van Suid-Afrika, word daar nrens ter wreld kersies geproduseer aan die begin van Oktober nie. Di geleentheid moet deur plaaslike produsente benut en uitgebrei word. Chris Viljoen gesels hieroor met n navorser wat pas van Japan teruggekeer het.

  • RSG Landbou 21 Julie 2017
    RSG Landbou 21 Julie 2017
    Vrydag 21 Julie 2017

    n Opname in die Noord-Kaap wys dat sowat 760,000 skape voer benodig om te oorleef; n Landbouskool botteleer en etiketteer hulle eie wyn vir die mark; leierskap, bestuur en waardegedrewe maatskappye kom onder die soeklig; VLV-dames verleen hulp n n koshuis op Britstown afbrand; en inwendige parasiete kan floreer by waterkrippe wat oorloop.

  • RSG Landbou 20 Julie 2017
    RSG Landbou 20 Julie 2017
    Donderdag 20 Julie 2017

    Koos Nel van Old Mutual Agrimark praat oor aftreebeplanning vir boere. Daar is ook n gesprek oor die stand van die makadamiabedryf. En Johan van den Berg gesels oor die tydskale van weervoorspellings.

  • RSG Landbou 19 Julie 2017
    RSG Landbou 19 Julie 2017
    Woensdag 19 Julie 2017

    Carin Venter het by die Angorabok-konferensie gaan inloer, en praat met n paar boere oor di kongres. Natuurlike middels soos Fulviensuur is waarskynklik die antwoord op die tekort aan antibiotika.

  • RSG Landbou 18 Julie 2017
    RSG Landbou 18 Julie 2017
    Dinsdag 18 Julie 2017

    As daar een saak is wat n boer na aan die hart l, is dit die weer. Ons praat onder meer oor die El Nio- en La Nia-natuurverskynsels, en gesels met Elsa de Jager van die Suid-Afrikaanse Weerdiens oor di sake. Dr. Koos Coetzee, die hoofekonoom van die Melkprodusente-organisasie, praat verder oor plaaslike en internasionale suiweltendense.

  • RSG Landbou 17 Julie 2017
    RSG Landbou 17 Julie 2017
    Maandag 17 Julie 2017

    Hoe doeltreffend is sonkragpanele op die plaas? Dt is een van die vrae wat ons aan Stefan Steffens gestel het. Ons gesels met Bonn de Bod oor renosterstropery, en Albert van Rensburg vertel vir ons hoe om doeltreffende kuilvoer te maak met behulp van kuilvoerinokkulante.

  • RSG Landbou 15 Julie 2017
    RSG Landbou 15 Julie 2017
    Saterdag 15 Julie 2017

    Sowat 20 000 inheemse bome waaronder olienhout, witstinkhout, boekenhout en wit- en rooi karee word een keer per jaar aan boere beskikbaar gestel by die Kluitjieskraal kwekery naby Wolseley. Chris Viljoen het vanjaar se boomdag bygewoon.

  • RSG Lanbou 14 Julie 2017
    RSG Lanbou 14 Julie 2017
    Vrydag 14 Julie 2017

    Chris Viljoen fokus op die Infrastruktuur in die Oos-Kaap, die Universiteit van Stellenbosch se jaarlikse produksieveiling, D-dag vir validasie en verifikasie in die Berg-Olifants wateropvanggebied, landbousertfisering en die Plaaswerkersforum.

  • RSG Landbou 13 Julie 2017
    RSG Landbou 13 Julie 2017
    Donderdag 13 Julie 2017

    Die Sernick-groep het in 2015 n interessante proef gedoen om voerkraal-doeltreffendheid te verhoog. Ons gesels met die proefleier, Philip Oosthuyzen, oor die afloop van di proef, en hy verduidelik vir ons wat verder beplan word. In Weerwaarhede praat Johan van den Berg oor die dinamiek van die kweekhuiseffek. Daar is ook n gesprek met Pieter du Plessis oor besigheidsbeginsels in landbou en op die plaas.

  • RSG Landbou 12 Julie 2017
    RSG Landbou 12 Julie 2017
    Woensdag 12 Julie 2017

    Ons gesels met dr. Charlie Reinard oor plante se wonderlike vermo om hulself te kan beskerm. 'Daar sit meer in n mieliepit as net die pit,' Pieter Taljaard van Monsanto verduidelik vir ons watter tegnologie gebruik word om n mieliepit die gewenste opbrengs te laat kry, en daar is n interessante gesprek met Niel Kirstein oor perde-uithouritte.