Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Potgooi Soek
-
Marni Nixon
Vrydag 22 Februarie 2019Dit wat jy op skerm gesien het, en dit wat jy gehoor het, was nie altyd dieselfde nie. Daar was baie sangers wat oorklanking gedoen het vir akteurs. Hulle het bekendgestaan as spooksangers. Marni Nixon was een van hulle .Sue Pyler kyk na haar werk.
-
Zane Meas
Donderdag 21 Februarie 2019Akteur Zane Meas kuier in die ateljee om te gesels oor sy loopbaan en sy Fatherhood-stigting wat werk met kinders sonder vaders.
-
Vegetariërs
Maandag 18 Februarie 2019Al hoe meer mense wil gesonder eet, maar weet jy dat jy nie altyd net vleis uit jou dieet hoef te sny nie? Sue Pyler kyk na die verskillende soorte vegetariërs.
-
Wêreld Radiodag
Woensdag 13 Februarie 2019Die woord uitsaai het baie jare gelede verwys na die wye verspreiding van saad in landbou. Deesdae beteken dit dat jy as luisteraar die beste nuus en vermaak op die luggolwe dwars oor die wêreld kan ervaar. Dit is vandag Wêreld Radiodag, en Ettienne Ludick het ‘n draai in die SAUK se klankargiewe gaan maak.
-
Diskriminasie teen gestremdes
Donderdag 7 Februarie 2019Daar word steeds teen mense met gestremdhede gediskrimineer, of dit nou doelbewus is of nie. Een van die gevolge van diskriminasie is 'n gebrek aan hulpmiddels soos byvoorbeeld rolstoele en doeke. Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met Danie Marais van Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor dié probleem.
-
RSG se nuwe middagvervolgverhaal
Woensdag 6 Februarie 2019Die regisseur en spelers van RSG se nuwe middagvervolgverhaal, DWAALPAD HUIS TOE, vertel vir Ettienne Ludick en Sue Pyler meer van die storie en opnameproses.
-
Rouel Beukes
Maandag 4 Februarie 2019Suid-Afrikaners is besig om die wêreld vol te toer met die Andrew Lloyd Webber musiekblyspel, The Phantom of the Opera. Rouel Beukes is een van die vele Suid-Afrikaners wat 'n rol vertolk. Sue Pyler gesels met hom waar hulle tans in Manilla repeteer.
-
Wêreld Hardopleesdag
Vrydag 1 Februarie 2019Lees verryk jou kennis en gemoed, maar hoe gemaak as bykans agt uit elke tien kinders in graad 4 nie behoorlik kan lees nie? Ettienne Ludick het op Wêreld Hardopleesdag by ‘n skool gaan uitvind wat gedoen word, en hoe ouers betrokke moet wees by die proses.
-
Demensie
Dinsdag 29 Januarie 2019Demensie is 'n siekte wat baie Suid-Afrikaanse gesinne raak. Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met Leonie Agenbag, ‘n maatskaplike werker by Demensie SA, oor die simptome, wat jy kan doen indien jy iemand ken wat die simptome toon, en waar jy hulp kan kry as jy jouself in so 'n situasie bevind.
-
Johny Klein
Maandag 28 Januarie 2019Sue Pyler en Ettienne Ludick gesels met akteur Johny Klein oor sy lewe en werk.