Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Lenicia Willemse
    Lenicia Willemse
    Dinsdag 23 Januarie 2018

    In Mosselbaai kruis Haidee Muller se pad met Lenicia Willemse. Sy was aan dwelms verslaaf, en het haar werk en jong dogter verloor as gevolg daarvan. Vandag is Lenicia n ander mens. Sy is al twee jaar lank klaar met dwelms, en motiveer nou ander jongmense om nie dieselfde pad te stap nie. Sy het haar dogter teruggekry en die donker werklose dae is ook verby.

  • Die man in die middel
    Die man in die middel
    Vrydag 14 April 2017

    n Program met musiek en simboliek oor Jesus se lydenspad.

  • 'n Vreemde Goeie Vrydag
    'n Vreemde Goeie Vrydag
    Vrydag 14 April 2017

    In die Ortodokse Kerk word Paasfees as die heel belangrikste tyd op hulle kerkkalender aangedui. Die heilige week, wat met n feestlike Palmsondag begin, is vol eeu-oue tradisies wat nhoogte punt op Paassondag bereik. Gedempte lig, kerse, wierook en n simboliese voetestamp op Goeie Vrydag is deel van die ryk kultuur, en gesange wat uit die 11de eeu dateer, word gesing. Vader Jacobus van der Riet van die Eldorado en Rustenburg Ortodokse gemeentes lig die sluier lig oor hulle tradisies en gebruike.

  • Kinderpaasfeespret
    Kinderpaasfeespret
    Vrydag 14 April 2017

    Christelle van Tonder lees vir die kleinspan uit die kinderbybel van die instelling van die nagmaal tot Jesus se opstanding uit die dood. Tussen deur die storie van Jesus se kruisiging kan die maats ook luister na lekker musiek.

  • Kinders en die kruis
    Kinders en die kruis
    Vrydag 14 April 2017

    Goeie Vrydag is n belangrike datum op die Christendom se geloofskalender. Maar verstaan kinders wat op daardie dag, 2000 jaar gelede gebeur het?