Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Uit 'n ander hoek 14 Oktober 2018
    Uit 'n ander hoek 14 Oktober 2018
    Sondag 14 Oktober 2018

    Jean Oosthuizen gesels vanuit ʼn ander hoek oor sendingwerk. Sy gaste is die Ou Testamentikus, prof. Sakkie Spangenberg, en die teoloog, dr. Willa Boezak. Jean wil by hulle weet of sendingwerk altyd so lofwaardig is soos wat baie mense dink, en wat die invloed daarvan op veral die land se inheemse bevolking was.

  • Uit 'n ander hoek 7 Oktober 2018
    Uit 'n ander hoek 7 Oktober 2018
    Sondag 7 Oktober 2018

    Genadedood of bystanddood wanneer ʼn geneesheer ʼn terminaal siek pasiŽnt help om sy of haar lewe te beŽindig, is ʼn hoogs omstrede onderwerp. Terwyl al hoe meer stemme opgaan om bystanddood in Suid-Afrika te wettig, worstel baie mense met die etiese, morele en godsdienstige implikasies daarvan. Jean Oosthuizen gesels met die filosoof, prof. Anton van Niekerk, en ʼn narkotiseur, dr. Heinz MŲdler, uit ʼn ander hoek oor genadedood. Kan dit moreel geregverdig word om iemand onder bepaalde omstandighede te help sterf?

  • Uit 'n ander hoek 1 Julie 2018
    Uit 'n ander hoek 1 Julie 2018
    Sondag 1 Julie 2018

    Jean Oosthuizen gesels met die sanger en kletsrymer, Churchil Naudť, en die Kaapse digter, Gaireyah Fredericks, oor die unieke manier waarop hulle hulle spiritualiteit in Kaapse Afrikaans uitleef.

  • Uit 'n ander hoek 24 Junie 2018
    Uit 'n ander hoek 24 Junie 2018
    Sondag 24 Junie 2018

    Jean Oosthuizen gesels met lewensfasiliteerder Klasie Wessels van Streetschool, en joernalis Suzette Kotze-Myburg, oor hulle besoeke aan die Dalai Lama, wat in ballingskap in IndiŽ leef, en die invloed wat hierdie Tibettaanse monnik se spiritualiteit op hulle gehad het.

  • Uit 'n ander hoek 17 Junie 2018
    Uit 'n ander hoek 17 Junie 2018
    Sondag 17 Junie 2018

    Twee gay Christene wat teologie studeer het, vertel aan Jean Oosthuizen hoe hulle seksuele oriŽntasie hulle spiritualiteit beÔnvloed het. Hulle is Hanzline Davids van die Verenigende Gereformeerde Kerk en nagraadse teologiestudent aan die Universiteit Stellenbosch, en Retha Benadť van Inclusive and Affirming Ministries (IAM).

  • Uit 'n ander hoek 10 Junie 2018
    Uit 'n ander hoek 10 Junie 2018
    Sondag 10 Junie 2018

    Is daar iets soos ʼn sekulÍre Christen, en hoe verskil dit van ʼn tradisionele Christen? Jean Oosthuizen gesels met prof. Hansie Wolmarans, ʼn teoloog by die Community in Christ Church in Melville in Johannesburg, en ds. Liena Hoffmann, 'n tentmakerleraar by die NG Kerk-Noord gemeente in Stellenbosch, oor sekulÍre Christenskap.

  • Uit 'n ander hoek 3 Junie 2018
    Uit 'n ander hoek 3 Junie 2018
    Sondag 3 Junie 2018

    Het die mens ʼn vrye wil het en wat sÍ die wetenskap daaroor? Die gaste is dr Dawie van den Heever ʼn senior lektor en navorser by die Biomediese Ingenieurswese-navorsingsgroep by die Universiteit van Stellenbosch en Julianne Blignaut ʼn nagraadse student wat spesifiek navorsing doen oor die onderwerp van vrye wil.

  • Uit 'n ander hoek 27 Mei 2018
    Uit 'n ander hoek 27 Mei 2018
    Sondag 27 Mei 2018

    Patriargie is nog springlewendig in die kerk en samelewing, en vroue word dikwels as minderwaardig geag. Hoor wat sÍ twee feministe, prof. Mary-Anne Plaatjies-van Huffel en prof. Louise du Toit, vanuit ʼn filosofiese en godsdienstige oogpunt hieroor.

  • Uit 'n ander hoek 20 Mei 2018
    Uit 'n ander hoek 20 Mei 2018
    Sondag 20 Mei 2018

    Goedgelowige mense word maklik deur kwaksalwers uitgebuit wat nuttelose en selfs gevaarlike middels ten duurste aan hulle verkoop. Jean Oosthuizen gesels met die wetenskapjoernalis, George Claassen, en die redakteur van camcheck.co.za, dr. Harris Steinmann, oor kwaksalwery en pseudo-wetenskap.

  • Uit 'n ander hoek 13 Mei 2018
    Uit 'n ander hoek 13 Mei 2018
    Sondag 13 Mei 2018

    Hoe belangrik is godsdiensvryheid in ʼn sekulÍre staat soos Suid-Afrika, en tot watter mate moet dit beskerm word? Jean Oosthuizen praat hieroor met ʼn kommissaris van die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van Kultuur, Godsdiens en Taalregte, Renier Schoeman, en prof. Farid Esack van die Universiteit van Johannesburg.