Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist
    HERMAANS ASKIES SE OPPERASIE deur Ferdinand Deist
    Vrydag 1 Desember 2017

    Hermaans Askies word deur die blondekop vrouedoktertjie versoek om hom tot op sy menslikheid uit te trek. En toe word hy skielik gevra om die laken te laat sak... Wat nou?

  • DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom
    DIE WOORDEMAKER deur Ina Strydom
    Vrydag 1 Desember 2017

    W.A. de Klerk sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Di hoorbeeld is 'n viering van di veelkantige vakman se werk. Dis 'n herontdekking van 'n woordsmid by uitstek. De Klerk was radioman, advokaat en skrywer. Toe die skryfgogga hom beetpak, het hy besef advokaatwees en skrywerskap is wedersyds uitsluitend en hy het hom op sy plaas Saffier naby die Paarl gaan vestig waar hy 'n vrugtekweker was. De Klerk was 'n veelsydige skrywer en het jeugverhale, reisverhale, essays, romans en dramas geskryf.

  • DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie
    DIE ONSIGBARES: HARTSTOG deur Krisjan Fourie
    Vrydag 1 Desember 2017

    n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).

  • HUILBOEK deur Ryk Hattingh
    HUILBOEK deur Ryk Hattingh
    Vrydag 1 Desember 2017

    Die wenboek van vanjaar se kykNET-Rapportprys vir fiksie is n verhaal wat oor baie dinge gaan. Een daarvan is taal en verlange, hoe die taal Afrikaans self n uitdrukking word van n verlange wat in sy wese onvervulbaar is, en die boek n liefdesbrief van ver af, sonder adres. Die onheelbare pyn van n vader wat nie van sy seun gehou het nie is miskien die gravitasiekolk, die black hole in die boek waarheen alles neig, maar van waar geen lig kan kom nie. n Nuwe werk deur wyle Ryk Hattingh; sy eerste in negentien jaar. Helder en poties en tegelyk liries en wys, en meedonloos eerlik.

  • ONS DORP deur Thornton Wilder
    ONS DORP deur Thornton Wilder
    Vrydag 1 Desember 2017

    Die Amerikaanse dramaturg Thornton Wilder se Our Town is vanjaar 80 jaar oud en is in 1938 met die Pulitzer-prys vir Drama bekroon. Die immergroen verhaal handel oor die mense van Grovers Corners in New Hampshire. Die luisteraars volg die Gibbs- en Webb-gesinne oor n tydperk van twaalf jaar; deur hul alledaagse lewe, liefde en trou tot en met die dood en ewigheid. Deur die geliefdes Emily en George, hul sterk en liefdevolle ouers asook die vele ander plaaslike mense lewer Wilder universele waarhede oor wat dit is om mens te wees. Propvol humor en spitsvondigheid is Ons dorp steeds een van die mees opgevoerde, tydlose en klassieke verhoogdramas.

  • DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello
    DIE MAN MET DIE BLOM IN SY MOND deur Luigi Pirandello
    Donderdag 30 November 2017

    n Vredeliewende sakeman verpas die laataandtrein. Hy gaan sit en wag in n deurnagkafee vir die volgende oggend se trein. Hier ontmoet hy n ouer man wat hom bendruk met sy fyn waarnemingsvermo en liefde vir die lewe. Die sakeman is verras met wat die man alles raaksien, totdat die man iets oor homself onthul...

  • FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard
    FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard
    Donderdag 30 November 2017

    Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar en te eis dat die Owerhede sy vrou vrylaat.

  • DIE ONSIGBARES: MOEDER deur Krisjan Fourie
    DIE ONSIGBARES: MOEDER deur Krisjan Fourie
    Donderdag 30 November 2017

    n Anderse staar in die vreemde. Hierdie verhale is nie eintlik spookstories nie, maar het n geskiedkundige grondslag. Dit verken Suid-Afrikaanse gebeure en mense in n vermenging van woorde, stem en klank. Gebeure soos die Laingsburg-vloed, die eerste hartoorplanting, die gifmoordenares Daisy de Melker asook die vrou wie se lyk regoor Johannesburg in stukke gevind is, word vertel. Die onsigbares is geskryf deur Krisjan Fourie en word meesterlik voorgelees deur Nic de Jager met die sinistere sout-en-peper-klanklandskap van Paul Riekert (van Battery 9-faam).

  • DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist
    DIE SUSTER M’T DIE SNOR deur Ferdinand Deist
    Donderdag 30 November 2017

    Ou suster Anna was n onkantige ent mens gewees en dant sy pebliek n snr onner haar neus gehad n pikswarte. Die ou Skot Mister Miknemara is bedlend en sorg eendag dat ou suster Anna sowaar n glimlag onner daai snr kry.

  • BRAAM VIER: DIT WAS 'N VOORGEVOEL deur Abraham H. de Vries
    BRAAM VIER: DIT WAS 'N VOORGEVOEL deur Abraham H. de Vries
    Donderdag 30 November 2017

    Twee broers het weens n familietwis vir 23 jaar lank nie kontak met mekaar gehad nie. Die oudste broer het ernstig siek geword en op sy sterfbed vra die gesinsdokter hom of hy die jonger broer moet ontbied om te kom afskeid neem, maar die koerante het n berig geplaas waarin gemeld is dat die jonger broer n belangrike prys in Swede sou ontvang. Gevolglik wou die ouer broer nie inbreuk maak op sy kleinboet se prestasie nie. Die jonger broer daag egter skielik op omdat hy skynbaar iewers van sy ouboet se siekte gehoor het. Of het hy dalk op n gans nder voorgevoel gereageer?