Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • CH2
    CH2
    Vrydag 17 November 2017

    Die kitaarduo, CH2, het aan die begin van die jaar n nuwe baadjie aangetrek met Dirkie van Staden wat aangesluit het nadat Leon Gropp die groep verlaat het. Corneille Hutten en Dirkie van Staden spog nou met n splinternuwe album en n nuwe klank. Christelle van Tonder gesels met hulle oor die verandering, en die invloed van internasionale groepe op hulle musiek.

  • Josh Middleton
    Josh Middleton
    Vrydag 10 November 2017

    Josh Middleton is net 15 jaar oud, maar hy het die land aan die gons met sy sangtalent. Met slegs n paar enkelsnitte wat bekikbaar is, het Josh klaar die harte van Suid-Afrikaners gesteel, en is almal in afwagting vir n vollengte album. Christelle van Tonder gesels met Josh oor musiek, volwasse lirieke en hoe hy nederig bly met soveel sukses op n jong ouderdom.

  • Moses Metro Man
    Moses Metro Man
    Vrydag 3 November 2017

    Moses Metro Man het verskeie MK-toekennings ingepalm, en ook by die toekenningsgeleenthede opgetree. Die MK-platform het baie deure vir opkomende n bestaande rockgroepe oopgemaak. Hoe het Moses Metro Man aangepas toe hierdie platform tot niet gegaan het? Christelle van Tonder vind uit by Jako Meyer en Benjamin de Jager.

  • Christian Heath
    Christian Heath
    Vrydag 20 Oktober 2017

    Christian Heath volg nou n sololoopbaan nadat die Christian Heath Band uitmekaar is. Hy gesels met Christelle van Tonder oor n operasie aan sy stembande n jare se rockmusiek, en sy ervaring van Hollywood se musiekbedryf.

  • Benjamin Jephta
    Benjamin Jephta
    Vrydag 13 Oktober 2017

    Op 25 spog hy met die 2017 Standard Bank Jong Kunstenaarstoekenning vir Jazz, hordes vertonings oor die wreld heen, en hy word beskou as n musikale wonderkind. Christelle van Tonder gesels met Benjamin Jephta oor sy loopbaan en die Standard Bank Joy of Jazz fees, waar hy opgetree het.

  • Riaan Nieuwenhuis
    Riaan Nieuwenhuis
    Vrydag 6 Oktober 2017

    Riaan Nieuwenhuis het die wreld al plat getoer, en met verskeie professionele en amateurmusikante musiek gemaak. Hy was deel van 'n hordes verskillende musiekprojekte. Sy jongste instrumenetele rock-album is vandeesweek bekendgestel.

  • Hennie de Bruyn
    Hennie de Bruyn
    Vrydag 22 September 2017

    Hennie de Bruyn en die Kitaarkrels is vir n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekening, of SATMA, benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. n Paar weke voor die spoggeleentheid het Hennie de Bruyn en die Kitaarkrels hulle 25e album opgeneem. Christelle van Tonder gesels met Hennie oor die nominasie en sy liefde vir Boeremusiek.

  • Liela Groenewald
    Liela Groenewald
    Vrydag 22 September 2017

    Dr. Liela Groenewald, n voormalige lektor by die Universiteit van Johannesburg se Sosiologie departement, het baie meer as net akademie aan haar kant. Sy spog ook met ongelooflike sangtalent en skryfvermo, en het die verhoog al gedeel met die meeste groot en legendariese musikante in Suid-Afrika. Liela vertel vir Christelle van Tonder van haar nuwe album, sosiologie en musiek, en hoekom musikante nie meer oor politiek sing nie.

  • Die Ventertjies
    Die Ventertjies
    Vrydag 15 September 2017

    Nicola (18) en Lindie-Lee (15) Venter kan 13 intrumente bespeel, sonder n enkele dag se opleiding! Die Ventertjies, soos hulle bekendstaan, is vir n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekennings benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor hulle liefde vir Boeremusiek.

  • Hartklopduette
    Hartklopduette
    Vrydag 15 September 2017

    Dirk Jansen van Vuuren en Cinda de Klerk van die groep, Hartklopduette, is vir n Suid Afrikaanse Tradisionele Musiektoekenning benoem in die kategorie Beste Boeremusiekalbum. Hulle passie en doel is om by al die ouetehuise in Suid-Afrika op te tree. Hulle gesels met Christelle van Tonder oor hulle musiek, en Cinda se sewe snitte wat in Nashville opgeneem is en op 200 radiostasies gespeel word.