Interaktief
SMS:45770
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
Potgooi Soek
-
Rand en sent 24 Februarie 2019
Sondag 24 Februarie 2019Sien só om na jou werknemers se emosionele en liggaamlike welstand vir beter produktiwiteit - ‘n kundige deel statistiek en gee raad, en ‘n TV-vervaardiger verduidelik hoe hulle hulle personeel emosioneel ondersteun. En daar is nuus oor debietorderbedrog en nuwe maniere om dit die hoof te bied.
-
Rand en sent 17 Februarie 2019
Sondag 17 Februarie 2019‘n Finansiële kenner bespreek gesondheidsversekering wat vir jou kinders die heel beste behandeling sal help koop in geval van kanker of ‘n ander gevreesde siekte. En daar is nuus oor nuwe internetbedrogslenters en hoe jy jouself daarteen kan beskerm.
-
Rand en sent 10 Februarie 2019
Sondag 10 Februarie 2019Finansiële state en ‘n begroting kom aan die beurt in die sesde en laaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En ‘n prokureur verduidelik hoekom dit noodsaaklik is om alle ooreenkomste op skrif te stel om geskille, wat later mag opduik, te voorkom.
-
Rand en sent 3 Februarie 2019
Sondag 3 Februarie 2019Skuld is die onderwerp in die vyfde en voorlaaste gesprek in die reeks oor finansiële geletterdheid. En ‘n kenner van tegnologie praat oor maklike, nuwe en veilige maniere vir kleinsake-ondernemings om betalings te ontvang.
-
Rand en sent 27 Januarie 2019
Sondag 27 Januarie 2019In die vierde in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid kom basiese ekonomiese beginsels onder die soeklig. En beleggings in maatskappye met beter volhoubaarheidspraktykte word al hoe meer gewild. ‘n Kenner verduidelik hoekom dit belangrik is.
-
Rand en sent 20 Januarie 2019
Sondag 20 Januarie 2019‘n Finansiële beplanner praat oor die noodsaaklikheid van ‘n mediese fonds nadat hy self onverwags in die hospital beland het. En in die derde in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid, val die klem op hoe jy jou geld bestee.
-
Rand en sent 13 Januarie 2019
Sondag 13 Januarie 2019‘n Finansiële beplanner kyk na drie verskilende maniere om ‘n motor te koop en daarvoor te betaal. In die tweede in ‘n reeks van ses gesprekke oor finansiële geletterdheid val die klem op finansiële risiko’s.
-
Rand en sent 6 Januarie 2019
Sondag 6 Januarie 2019In die eerste gesprek in ‘n reeks van ses oor finansiële geletterdheid, kyk twee kenners na die betekenis van die term en hoe ons dit deel van ons alledaagse lewe kan maak. ‘n Kenner gee ook nóg maniere om jou geld en persoonlike sake in die nuwe jaar suksesvol op dreef te kry, en te hou.
-
Rand en sent 30 Desember 2018
Sondag 30 Desember 2018‘n Skuldkenner en entrepreneur, wat ook ‘n motiveringspreker en finansiële kenner is, gee raad, en ‘n model waarvolgens ons ons geldsake vir die nuwe jaar kan beplan.
-
Rand en sent 23 Desember 2018
Sondag 23 Desember 2018‘n Finansiële kenner kyk holisties na spaar en beleggings, en verduidelik hoe jou omstandighede en persoonlikheid jou beleggingskeuses behoort te bepaal. Twee kenners praat oor die vier “geldpersoonlikhede”, hoe jy joune kan vasstel, en hoe dit jou geldsake beïnvloed.