Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Sterre en planete 27 Mei 2018
    Sterre en planete 27 Mei 2018
    Sondag 27 Mei 2018

    Suid-Afrika het pas n nuwe teleskoop, die Meerlicht, in gebruik geneem. Dit sal in die optiese ligspektrum saam met die Meerkat-teleskope werk doen. Daar het onlangs in n berig inligting verskyn oor hoe verbasend min sonvlekke die son tot dusver vanjaar gehad het. Die aardkant van die son was 73 uit 128 dae vlekloos. Dit kan dui op die son wat op pad is na sy son-minimum. Dis egter onmoontlik om te s of die son die Maunder-minimimvlak bereik het toe die Teemsrivier in Londen gevries het.

  • Sterre en planete 20 Mei 2018
    Sterre en planete 20 Mei 2018
    Sondag 20 Mei 2018

    Hoe voel dit vir n Suid-Afrikaner uit die Bosveld om vir die eerste keer die Aurora Borealis te sien? Magda Streicher vertel van haar wedervaringe in Ysland, en n projek saam met Auke Slotegraaf om sterre in die Magelaanse wolk waar te neem. Daar is ook nuus oor die asteroede wat n paar dae gelede rakelings verby die aarde geflits het.

  • Sterre en planete 13 Mei 2018
    Sterre en planete 13 Mei 2018
    Sondag 13 Mei 2018

    Kobus Olckers, ruimteweerkundige in Florida, VSA, dr. Japie van Zyl, die direkteur sonnestelseleksplorasie van JPL in Kaliforni, Willie Koorts van die SA Astronomiese Observatorium en prof. Matie Hoffman van die die Digitale Planetarium en die Universiteit van die Vrystaat praat oor die Insight-projek wat verlede week gelanseer is. Japie van Zyl praat oor die uitwerking van bestraling deur die son op die satelliete, hoe ver die Insight van die kubsats af vlieg, en watter toetse nog gedoen moet word voordat die drietal in November by Mars aankom.

  • Sterre en planete 6 Mei 2018
    Sterre en planete 6 Mei 2018
    Sondag 6 Mei 2018

    Dr Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kaliforni moes die afgelope week redelik bontstaan met die lansering van die Insight-satelliet na Mars. Dis die eerste diepruimsatelliet wat van die Amerikaanse Weskus af gelanseer is. Hy vertel hoe alles afgeloop het, en wat die pad vorentoe is met Insight. Hy praat ook oor n stel nuwe satelliete, Grace Follow On, wat belangrike werk sal doen om die beweging van water op die aarde te meet. Die span praat ook oor die nuwe generasie ruimteteleskope wat veel groter spiels sal h.

  • Sterre en planete 29 April 2018
    Sterre en planete 29 April 2018
    Sondag 29 April 2018

    Die span praat oor die tegnologie van die nuwe generasie digitale planetariums, en die oudste teleskoop op Sutherland, die Radcliffe. Willie Koorts vertel n interessante storie oor di instrument.

  • Sterre en planete 22 April 2018
    Sterre en planete 22 April 2018
    Sondag 22 April 2018

    Die span kyk na die verskil tussen n robotiese teleskoop en n teleskoop wat met afstandbeheer werk. En hulle verduidelik watter luglae n vuurpyl moet deurklief om die ruimte te bereik. Kobus Olckers kyk ook na ruimteweer.

  • Sterre en planete 15 April 2018
    Sterre en planete 15 April 2018
    Sondag 15 April 2018

    Een van die tergendste vrae wat ruimtewetenskaplikes en die mensdom mee te doen het is: Wat is ewigheid? Die span gesels ook oor die proses wat gevolg word voordat n wetenskaplike bevinding, soos die ontdekkking van n supernova, bekendgemaak word.

  • Sterre en planete 8 April 2018
    Sterre en planete 8 April 2018
    Sondag 8 April 2018

    Wat presies is sonlig? Watter deel van sonlig is dit wat jou brand? Kobus Olckers en die span praat oor die energie wat van ons ster, die son, af kom. Die span praat ook oor eksperimente wat met sonlig gedoen kan word. Ons gesels ook met Willem Esterhuyzen, die Algemene Bestuurder Ingenieurswese by SKA. Hy praat oor Meerkat wat nou ten volle operasioneel en geintegreerd is. Die eerste wetenskaplike publikasie van Meerkat het ook pas die lig gesien.

  • Sterre en planete 1 April 2018
    Sterre en planete 1 April 2018
    Sondag 1 April 2018

    Dr Japie van Zyl gesels oor die feit dat die Curiosity marstuig sy sg 2000ste sol dag beleef het. n Sol dag is een Mars dag. Die ander naam vir ons ster, die son, is natuurlik Sol. Japie praat oor die mylpale wat reeds bereik is en waarvoor daar gemik word. Curiosity het op 6 Augustus 2012 in die Gale krater geland en is nou besig om stadig teen Mount Sharp uit te klim.

  • Sterre en planete 25 Maart 2018
    Sterre en planete 25 Maart 2018
    Sondag 25 Maart 2018

    Die Kepler-ruimteteleskoop se brandstof is besig om op te raak. Die span praat oor die groot bydrae wat di teleskoop tot dusver gemaak. Die grootste gros eksoplanete wat tot dusver ontdek is, is deur die Kepler gedoen. Hulle praat ook oor afstand en tyd in die ruimte.