Nou op die lug

Deurnag (Donderdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Praat saam 27 Mei 2020
    Praat saam 27 Mei 2020
    Woensdag 27 Mei 2020

    Die Organisasie van Tradisionele Genesers in Suid-Afrika het gevra dat Afrikane druk moet plaas op hulle regerings sodat die Afrika-Unie sy eie gesondheidsorganisasie op die been kan bring. Die koŲrdineerder van die organisasie, Phepsile Maseko, het na aanleiding van die soeke na 'n entstof vir Covid-19 gesÍ die geskiktheid van inheemse medisyne in die stryd teen die coronavirus moenie onderskat word nie. Die WÍreldgesondheidsorganisasie sÍ intussen hy is in kontak met Madagaskar oor sy kruiemiddel wat na bewering Covid-19 sou genees. Vandeesweek was die fokus op Afrikadag, en ons kyk spesifiek na Afrika se benadering om die virus te bekamp Ė is daar samewerking of is dit elke land vir homself?

  • Praat saam 26 Mei 2020
    Praat saam 26 Mei 2020
    Dinsdag 26 Mei 2020

    Die Vryheidsfront Plus sÍ hy gaan voort met sy hofsaak om die regulasies onder die nasionale coronavirus-inperking te betwis. Die partyleier, Pieter Groenwald, sÍ die sentralisering van besluitneming oor die verlengde ramptoestand en gebrek aan konsultasie, is onaanvaarbaar. Hy sÍ die eensydige optrede van die staat hou groot gevolge vir die ekonomie in. Die VF Plus sÍ hy is bekommerd dat daar steeds talle irrasionale maatreŽls in plek is, soos die verbod op sigaretverkope en die dreigement dat daar terugbeweeg kan word na Vlak 5 in gebiede waar die infeksiekoers hoog is. Gaan die sentralisering van inligting en hulpbronne oor magsbeheer of effektiewe bestuur?

  • Praat saam 25 Mei 2020
    Praat saam 25 Mei 2020
    Maandag 25 Mei 2020

    Vakbonde wat onderwysers verteenwoordig hou vol dat hulle lede nie vandag sal terugkeer na die klaskamer indien hulle nie die nodige persoonlike beskermingstoerusting ontvang nie. Baie vakbonde meen hulle lede moet nie nou al terugkeer skool toe nie, want al die provinsies is nog nie gereed om leerders te ontvang nie. Wat is die rol en verantwoordelikhede van onderwysers tydens Covid-19 om te verseker dat hulle ťn leerders veilig en gesond bly?

  • Praat saam 22 Mei 2020
    Praat saam 22 Mei 2020
    Vrydag 22 Mei 2020

    Die Verenigde Nasies het gewaarsku dat die coronavirus-pandemie grootskaalse sielkundige druk op mense plaas. Duisende mense wÍreldwyd is reeds dood en miljoene mense het siek geword. Die VN sÍ van gesondheidsorgwerkers tot kinders, bejaardes en mense wat hulle werk verloor, ly aan angs. Die VN het 'n beroep op regerings gedoen om op te tree om strategieŽ te bepaal om mense se geestesgesondheid te beskerm. Hoe kan jy die grendeltyd oorleef?

  • Praat saam 21 Mei 2020
    Praat saam 21 Mei 2020
    Donderdag 21 Mei 2020

    Die Skool vir Ekonomie aan die Universiteit van Kaapstad sÍ die verbod op tabakverkope het goeie bedoelings, maar die ekonomiese gevolge weeg veel swaarder. 'n Opname deur die skool wys dat die verbod nie verhoed het dat Suid-Afrikaners rook tydens die inperking nie - sowat 90% van rokers het sigarette op die swartmark gekoop.

  • Praat saam 20 Mei 2020
    Praat saam 20 Mei 2020
    Woensdag 20 Mei 2020

    Rokers, drinkers, onderwysers, leerders, werkers, die privaatsekor, burgerregtegroepe, vakbonde, barnderplankryers en selfs mense wat warm kos wil verkoop is ongelukkig oor die stand van inperking en die vlak 4-reŽls wat nou van toepassing is. Baie van die belange groepe vra vir die verslapping van enkele van die ekonomiese en maatskaplike Covid-19-inperkingsmaatreŽls. Akademici en verskeie belangegroepe het vroeŽr die maand gevra dat die ekonomie heropen word. Watter rol speel belangegroepe in besluitneming, en hoe reageer die regering daarop?

  • Praat saam 19 Mei 2020
    Praat saam 19 Mei 2020
    Dinsdag 19 Mei 2020

    Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het gelas dat alle wetstoepassers wat teenwoordig was toe 'n inwoner van Alexandra in Johannesburg vermoor is, geskors moet word weens wangedrag. Die 40-jarige Collins Khosa is verlede maand dood nadat hy na bewering deur Weermaglede aangerand is. Sy familie het vroeŽr die Konstitusionele Hof genader waar die saak van die hand gewys is weens onvoldoende bewyse. Hulle het gevolglik 'n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien om die regering te dwing om in te gryp wanneer wetstoepassers hardhandig optree in die inperkingstyd. Hoe help die reg om wetstoepassers verantwoordbaar te hou?

  • Praat saam 18 Mei 2020
    Praat saam 18 Mei 2020
    Maandag 18 Mei 2020

    Verlede week het die Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, 'n beroep op staatsamptenare gedoen om die regering in te lig wanneer hulle persoonlike beskermende toerusting benodig. Mchunu het terugvoer gegee oor die werksaamhede van die openbare sektor te midde van die vlak 4 Covid-19 inperkingsmaatreŽls. Intussen het Besigheidseenheid Suid-Afrika gevra dat die ekonomie heropen word met voorwaardes en enkele uitsluitings om grootskaalse werkloosheid af te weer. Wat is die staat se benadering teenoor die private sektor en staatsdiens as dit kom by die hantering van Covid-19?

  • Praat saam 15 Mei 2020
    Praat saam 15 Mei 2020
    Vrydag 15 Mei 2020

    Die ANC sÍ die land gaan deur 'n leerproses met die Covid-19-pandemie, daarom het die president erken dat sommige foute met inperkingsmaatreŽls gemaak word. Die president het aangekondig dat die land moontlik tot aan die einde van die maand tot op Vlak 4 ingeperk word, maar daar is dalk sekere provinsies wat vroeŽr na Vlak 3 kan beweeg, afhangende van verdere konsultering. Gebiede wat erg deur die virus geraak word, kan strenger ingeperk word. Die afgelope weke is die regering geloof, gekritiseer, gemaan en word nou ook hof toe gesleep weens hulle hantering van die inperkingsreŽls. Watter rol speel politieke ideologie in hierdie krisis, en hoe beinvloed dit burgerlike verhoudinge?

  • Praat saam 14 Mei 2020
    Praat saam 14 Mei 2020
    Donderdag 14 Mei 2020

    Die Noord-Kaap is steeds besig om afgetrede verpleegkundiges te werf. Die provinsiale Departement van Gesondheid bied sedert verlede jaar eenjaar kontrakte aan vir verpleegsters wat die beroep verlaat het. Diegene wat terugkeer, werk hoofsaaklik in algemene sale. Amptenare sÍ die doel van die werwing is onder meer om verpleegkundiges teen Covid-19 te beskerm omdat mense ouer as 60 meer vatbaar vir die virus is. Hoe pas ons die konsep van gesondheidsetiek onder Covid-19 omstandighede toe?