Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • Kotie Grové sterf
    Kotie Grové sterf
    Saterdag 4 Augustus 2018

    Die veteraan-krieketkommentator, Kotie Grové, is Vrydag 3 Augustus 2018 in die ouderom van 71-jaar oorlede. Sy eerste betrokkenheid by krieketverslaggewing was in 1976 toe hy by die SAUK se kommentaarspan aangesluit het. Die volgende jaar het hy sy eerste kommentaar gelewer in 'n wedstryd tussen die Oostelike Provinsie en Natal by St. George's Park in Port Elizabeth. Jody Hendricks het met van sy oudkollegas gepraat.

  • Afrika Atletiek-kampioenskap
    Afrika Atletiek-kampioenskap
    Woensdag 1 Augustus 2018

    Die Afrika Atletiek-kampioenskap in Nigerië was veronderstel om vandag te begin, maar dit is tydelik uitgestel omdat van die atlete nog op die lughawe in Lagos gestrand is. Atletiek Suid-Afrika het ‘n span van 79 atlete na die byeenkoms gestuur. Die voormalige atleet, Geraldine Pillay, het met Jody Hendricks oor die byeenkoms gepraat.

  • Rikenette Steenkamp
    Rikenette Steenkamp
    Woensdag 25 Julie 2018

    Rikenette Steenkamp het by die Atletiek Węreldbeker in London 'n gouemedalje in die 100 m-hekkies vir vroue gewen, en is nou besig met voorbereiding vir die Afrikaspele. Sy het met Jody Hendricks gepraat.

  • Handré Pollard oor die Bulls die Bokke
    Handré Pollard oor die Bulls die Bokke
    Dinsdag 24 Julie 2018

    Handré Pollard, die loskakel van die Bulls en die Springbokke, praat oor die Bulls en die Bokke se vertoning in 2018.

  • Kgothatso Montjane
    Kgothatso Montjane
    Dinsdag 24 Julie 2018

    Die Suid-Afrikaanse rolstoel-tennisster, Kgothatso Montjane, het vir volgende maand se Amerikaanse Ope gekwalifiseer, maar weet nie hoe sy na Flushing Meadows in New York sal gaan nie. Rolstoel Tennis Suid-Afrika se beamptes is besig om geld vir haar reis en afrigter in te samel, omdat hulle 18 maande gelede die ondersteuning van die Lughwawens Maatskappy van SA verloor het. Kgothatso het ook onlangs by Wimbledon na die halfeindronde deurgedring. Jody Hendricks het met haar gepraat.

  • Sewes-wêreldbekertoernooi
    Sewes-wêreldbekertoernooi
    Saterdag 21 Julie 2018

    Die Blitsbokke en die vroue sewesspan sal die naweek in San Francisco in Amerika vir die eerste keer op 'n bofbalveld in aksie wees. Die Sewes-węreldbekertoernooi vind van Vrydag tot Sondag in die AT&T-park in die stad plaas - die tuisveld van die ikoniese bofbalspan, die San Francisco Giants. Jody Hendricks het met Neil Powell, Phillip Snyman en Nadine Roos oor die toernooi gepraat.

  • Errol Tobias oor SA se loskakels
    Errol Tobias oor SA se loskakels
    Saterdag 30 Junie 2018

    Oudspringbok Errol Tobias sę die kwaliteit van loskakels in Suid-Afrika is nie op internasionale standaard nie. Hy het hierdie bekommernis met Jody Hendricks gedeel.

  • Sewes Blitsbokke
    Sewes Blitsbokke
    Woensdag 13 Junie 2018

    Die Sewes Węreldbekerkampioene, Suid-Afrika se Blitsbokke, het op die Kaapstad Internasionale Lughawe 'n gul ontvangs gekry. Die span was in Frankryk waar hulle hul titel suksesvol verdedig het. 'n Groot skare het 'n helde-ontvangs vir die spelers gegee nadat hulle met Engeland afgereken en hul titel suksesvol verdedig het. Die span het nou 'n kort blaaskans voordat hulle vir die San Fransisco toernooi begin voorberei wat aanstaande maand begin. Die Afrigter Neil Powell het met Jody Hendricks gepraat.

  • Bokke teen Engeland
    Bokke teen Engeland
    Saterdag 9 Junie 2018

    Die toetsreeks tussen die Springbokke en Engeland begin môre in Johannesburg. Jody Hendricks doen ‘n voorskou van die eerste toets.

  • Comradesmarathon
    Comradesmarathon
    Saterdag 9 Junie 2018

    Atlete stroom in by die Durban Internasionale Konvensiesentrum om vir vanjaar se Comradesmarathon te registreer. Die 93ste wedloop begin om halfvyf Sondagoggend. Jody Hendricks het met drie deelnemers gepraat, wat sę die marathon is iets spesiaal wat hulle altyd sal teruglok.