Potgooi Soek

SOEK

Datums
calendar calendar
Gevorderde Soek ▾ SOEK HERSTEL
  • HITTEGOLF deur Martyn le Roux
    HITTEGOLF deur Martyn le Roux
    Donderdag 24 Mei 2018

    Fanus en Linda Vermaak woon in Belville saam met Fanus se ma en hulle twee amper groot kinders. Die koors van aardverwarming slaan toe wanneer die noodlot dit so wil h dat klomp dinge op een baie warm dag skeefloop. Die gevolg is n absurde kruis met realisme in n sitkom-styl tragiekomedie wat kontemporre temas soos dwelms, drank en dobbel aanraak. n Lag met n traan daarby.

  • KOP deur Schalk Schoombie
    KOP deur Schalk Schoombie
    Donderdag 17 Mei 2018

    Set Niemand is n belowende pianis. Hy word gediagnoseer met n vernietigende siektetoestand wat sy liggaam aanval. n Russiese gimnas word breindood verklaar en siedaar, Set se kop word op die gimnas se lyf oorgeplant deur n span Suid-Afrikaanse geneeshere in Moskou in die Kremlin. Aanvaar die kop en die lyf mekaar? Hoe reageer die medici daarop? En wat van eie belang? Is dit moontlik en volhoubaar?

  • ‘N POPHUIS deur Henrik Ibsen
    ‘N POPHUIS deur Henrik Ibsen
    Donderdag 10 Mei 2018

    Noora Helmer kan as n tipiese bedorwe en opgepiepte ryksmansvrou beskryf word. Haar man, Toorwald, is n bankbestuurder en hulle huwelik lyk op die oog af gevul met geluk. Maar op Oukersaand klop n skuldeiser aan Noora se deur en eis sy pond vleis. Dit bring haar nie net in konfrontasie met haar man nie, maar ook met haarself. Sy besef dat sy tot dusver net almal se speelding was. n Skadelose poppie. Tog is dit nou tyd om groot te word...

  • 'N VOORLOPIGE BEGRAFNIS deur Albert Short
    'N VOORLOPIGE BEGRAFNIS deur Albert Short
    Donderdag 3 Mei 2018

    n Man skryf n brief aan sy naasbestaandes om te vra dat hulle hom hierdie keer met die nodige respek sal begrawe. Waarom word hierdie man twee keer begrawe, en wat het fout gegaan tydens die eerste begrafnis?

  • ROMMEL, ROMMEL deur Lee Doubell
    ROMMEL, ROMMEL deur Lee Doubell
    Donderdag 26 April 2018

    Drie gesoute rowers of is dit dalk eerder veteraantronkvols beplan hulle eerste rooftog in twee jaar n hulle laaste besoek aan die staatshotel. n Naewe jongman, kraakvars van die plaas af, word aangestel om n swaarvragmotor in die rooftog te bestuur. Aanvanklik word die jongman met groot agterdog bejen, maar uiteindelik moet hulle erken dat hulle n goeie belegging in die plaasjapie gemaak het. Of hulle di keer daarin sal slaag om met die grootste buit in hulle rowersloopbane die gasvryheid van die staatshotel vry te spring, sal egter net die tyd kan leer.

  • VLERKE VIR JASON deur Janine van der Linde
    VLERKE VIR JASON deur Janine van der Linde
    Donderdag 19 April 2018

    Die verhaal belig die wrede situasie waarin die mense van die Kaapse vlakte hulleself bevind, die angs waarmee n moeder terugkeer van die werk af as sy haar kind tuis moes los, en haar stryd met die gevolge van n doodgewone Saterdaguitstappie. Hierdie drama is met die tweede prys in RSG en SANLAM se radiodramaskryfkompetisie van 2017 bekroon.

  • SPRINGGETY deur Sophia van Taak
    SPRINGGETY deur Sophia van Taak
    Donderdag 12 April 2018

    n Talentvolle haikoedigter en kopieskrywer wat sukkel met depressiewe gedagtes, besluit sy het genoeg gehad van die lewe. Sy hou egter nie rekening met haar nuwe buurman en sy sagte hart nie. Wanneer Lena Dreyer leer om die lewe te aanvaar vir wat dit is, vind sy haarself weer op die pad van hoop en nuwe vriendskappe. Die lewe het egter ander planne met haar...

  • OORLEWING – C-BLOK deur Erica Harris
    OORLEWING – C-BLOK deur Erica Harris
    Donderdag 5 April 2018

    Daniel en Klara bly in dieselfde woonstelblok waar n eksentrieke hawelose ou vrou gereeld met haar winkeltrollie vol nuttelose stofgaarders kom smous. Sy blyk egter oor veel meer te beskik as net haar trollie vol negosieware. Haar ryk lewenservaring het n blywende en ingrypende invloed op die twee jongmense, wie se lewens skynbaar nie volgens plan verloop nie.

  • QUINTIN ROY EN DIE PAASHAAS deur Helena Hugo
    QUINTIN ROY EN DIE PAASHAAS deur Helena Hugo
    Vrydag 30 Maart 2018

    Speel die Bybelse oorsprong van die Paasgebeure nog die rol wat dit behoort te speel, of word dit vertroebel deur heidense simbole en fantasie oor die Paashaas en sy ware? Quintin Roy is n jong akteur wat sy bes doen om sjokolade te verkoop en kinders gelukkig te maak. Maar dan kom hy te staan teen ouddominee Broderick en die waarheid

  • SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie
    SJARRAP EN EET JOU KOS! deur Ilné Fourie
    Donderdag 28 Desember 2017

    Al ooit gewonder hoekom mense kelners word? Of wat deur hulle gedagtes gaan, veral as hulle met dom vrae bestook word? Of hoeveel dit van n kelner verg om net n klein gunsie vir iemand te doen, soos om n foto (of ses) te neem? Maak nader kennis met die psige en die stresvolle lewe van n kelner.