NOU OP DIE LUG
PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.
MEER INLIGTINGPOTGOOI
Hieronder is 'n lys van programme met klank wat afgelaai of geluister kan word.
Voorwaardes vir die gebruik van RSG se klanklêers:
RSG, deur die SABC, gee aan jou 'n nie-eksklusiewe lisensie om hierdie klanklêers af te laai. Jy mag dit nie kopieer, reproduseer, redigeer, aanpas, verander, publiseer, uitsaai, versend, aan die publiek beskikbaar stel of dit op enige manier gebruik nie, behalwe vir jou eie persoonlike, nie-kommersiële doeleindes.
Jy mag nie die klanklêers aflaai of gebruik nie vir die doel om iets te bevorder, adverteer, ondersteun of om 'n verband te impliseer tussen jou (of enige derde party) en RSG of die SABC, sy agente en werknemers. Die SABC en RSG sal nie verantwoordelik wees vir enige verlies of skade wat jy mag ly as gevolg van die aflaai en gebruik van hierdie klanklêers nie.
-
Wat sê die Dokter?
Woensdag 22 Februarie 2012Hoekom is dit sleg vir jou gesondheid om 'n hoof uitvoerende bestuurder te wees? En, watter omega-olies het jy nodig vir optimale gesondheid?
-
Wat sê die Prokureur?
Maandag 20 Februarie 2012Aan die hand van drie hofsake word die term middelikke aanspreeklikheid verduidelik. Dus, al het jy nie die daad gepleeg nie, word jy steeds skuldig bevind.
-
Vers en Klank
Dinsdag 21 Februarie 2012Loftus Marais en Margot Luyt lees gedigte oor verlore liefde.
-
-
Spektrum
Maandag 23 Januarie 2012'n Luisteraar het via Monitor en Spektrum se Facebookblad laat weet dat waar sy teenaan die Vaalrivier bly, tussen Vanderbijlpark en Parys, daar 'n groen, poeierige stof in die water is. Ná reaksie van nog ander lede op haar skrywe, is besluit om ondersoek in te stel. 'n Plantkenner van die Noordwes Universiteit, dr. Sanet Janse van Vuuren, sê hulle studies toon dat daar die afgelope paar jaar daar 'n toename was in besoedeling in die Vaalrivier. Sy meen die stof kan moontlik die skadelike blougroen-alge wees.
-
Sterre en planete
Donderdag 16 Februarie 2012Soos wat tegnologie verbeter word allerhande nuwe ontdekkings in die ruimte gedoen. Willie Koorts van die Suid-Afrikaanse Sterrewag vertel van ‘n vroeëre oseaan wat op Mars bestaan het. Prof. Matie Hofmann van die Boyden Sterrewag praat oor die faseveranderings van stowwe en watter implikasies dit in die ruimte het. Hennie Maas speel ook die klank wat kom van die Rosetta-newel, en die “lied” van ‘n komeet as hy om die son beweeg.
-
Radioteater
Donderdag 29 Desember 2011Die drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander.
-
Rand en sent
Sondag 19 Februarie 2012Kobus Burger gesels verder met Elaine Coetzee van Eerste Nasionale Bank oor lewensversekering, ongevalleversekering en begrafnispolisse.
-
Ratels
Maandag 20 Februarie 2012Scrapjaart krap Ratels se sake liederlik om as hy Vincent afpers om by hom te werk. Die ergste is, hy laat hom soos ʼn slaaf werk. Intussen erken Jorrie en Lavinia hul gevoel teenoor mekaar. Dan kom Jorrie met ʼn briljante voorstel.
-
Rekenaarrubriek
Woensdag 22 Februarie 2012Fakir Hassen, Paul Grobler en Adie van Rensburg neem jou op 'n reis deur die wêreld van die rekenaar.
-
RSG Dokumentêr
Donderdag 16 Februarie 2012Was die voortydige dood van George Botha ‘n rigtingwyser vir ‘n nuwe demokratiese Suid-Afrika? Hy het op 15 Desember 1976 in die berugte Sanlamgebou in Port Elizabeth gestref ná tien dae van aanhouding deur die Veiligheidspolisie. Hierdie onverskrokke en beginselvaste jong onderwyser het nie geskroom om die politieke ongelykhede van die vorige bestel te kritiseer nie.
-
RSG Kuns
Dinsdag 21 Februarie 2012Linette van der Merwe vertel van die Wakkerstroom-musiekfees. Amanda Botha vertel meer van die Woordfees se feeskunstenaar, Paul Emsley. Alfred Hinkel gesels oor sy dansproduksie by vanjaar se Danssambreel. Melt Sieberhagen gesels oor sy eenmanvertoning, 100% Volroom Melt.
-
RSG Sport
Donderdag 22 September 2011Willem Pelse praat met Hendrick Botha, president van Suid-Afrikaanse Skaapskeerdersvereniging, oor skaapskeer as 'n sportsoort.
-
Pixel
Woensdag 22 Februarie 2012Die sagteware wat deesdae beskikbaar is vir fotograwe maak baie dinge moontlik. Een daarvan is die sogenaamde stik van ‘n foto. As die kamera nie die moontlikheid het nie, kan mens die stikwerk op ‘n rekenaar doen. Hennie Maas en Hedrus van der Merwe het ook raad oor die grootte van die lens wat mens moet aanskaf.
-
-
Praat Saam
Woensdag 22 Februarie 2012Praat Saam Seepkis: ‘n Luisteraar, Rothea Kleynhans, ma van ‘n verstandelik gestremde seun ,Janneman, glo spesiale skole en veral verstandelik gestremde kinders word afgeskeep deur hoofstroomonderwys en media. Die skoolhoof van Campbill skool in Hermanus, dr. Matthi Theron, deel haar mening.
-
-
-
-
Ons en die Ekonomie
Dinsdag 21 Februarie 2012'n Paneel kenners bespreek verskeie aspekte van die ekonomie en hoe dit jou sak raak.
-
Ons en die onderwys
Sondag 19 Februarie 2012Laetitia Brummer en Anette Jackson van die nie-regeringsorganisasie, Inklusiewe Onderwys, gesels oor hierdie komponent van onderwys wat tot dusver nie tot sy reg gekom het nie. Die organisasie beywer hom om oplossings hiervoor te vind en het talle veldtogte om groter bewustheid hieroor by die publiek te kweek.
-
Naweekaktueel
Saterdag 18 Februarie 2012Amerikaanse wetenskaplikes onder leiding van die Kubaansgebore dr. Eduardo Marban, het hart-stamselle gebruik om weefselskade ná 'n hartaanval te herstel. Die uitslae van die suksesvolle kliniese toetse wat by die Cedars Sinai Hartinstituut in Los Angeles gedoen is, is pas in die gerespekteerde Britse mediese tydskrif, The Lancet Journal gepubliseer.
-
Middagvervolgverhaal
Woensdag 22 Februarie 2012Pearl word verras wanneer Dirk Hoffman vir haar blomme bring en haar in die hospitaal besoek. Gillian konfronteer Sherman omdat hy vir haar gelieg het oor die geld wat hy uit die winkel se kasregister moes gaan bank het.
-
Monitor
Maandag 20 Februarie 2012Ons het vroeër in Monitor berig dat twee persone die afgelope week na bewering deur die polisie doodgeskiet is. Die naweek is 'n man wat glo geboei was, doodgeskiet. En verlede week is 'n tiener na bewering deur 'n studentekonstabel doodgeskiet. Die konstabel verskyn vandag in die hof. En die Valke het verlede week sy eenheid op Cato Manor in KwaZulu-Natal gesluit, hangend 'n ondersoek na die eenheid se beweerde magsvergrype. Talle verdagtes het gesterf, na bewering aan die hand van wetstoepassers. Cocus Bester praat hieroor met dr. Johan Burger, 'n senior navorser by die misdaad en justisie-program van die Instituut vir Sekerheidstudies.
-
My familie
Vrydag 27 Januarie 2012Die lewensafrigter, Demyan Rossouw, praat oor verandering in die gesin of familie, en hoe om dit op ‘n positiewe manier te hanteer. Die kliniese sielkundige, Marli Beukes, gesels oor die voordele wat verandering inhou en die kliniese sielkundige, Madine Swart, gesels oor vrees wat deur verandering veroorsaak word.
-
-
Leefwêreld van die gestremde
Sondag 19 Februarie 2012Fanie du Toit gesels met ds. Jan Oberholzer van Worcester oor ‘n dissipelskapkursus vir Dowes en die Dowe Ekumeniese Forum.
-
Leeskring
Dinsdag 21 Februarie 2012Joan Hambidge gesels met een van die veelsydigste skrywers in Afrikaans, Francois Bloemhof. Jeugverhaalskrywer, skrywer van die eerste Gotiese roman in Afrikaans, en boonop ‘n skrywer van ‘n radiovervolgverhaal, verklap al sy fabrieksgeheime.
-
Loslip
Dinsdag 21 Februarie 2012Onlangse navorsing het die bevinding gemaak dat minder intelligente mense geneig is om met meer vooroordeel teenoor ander op te tree, ander mense moeiliker vertrou en makliker haat, en oor die algemeen gedrag of bedoelings minder akkuraat ontsyfer. Wat dink jy van hierdie bevindings as jy dit met jou eie ondervinding vergelyk?
-
Kleutertyd
Sondag 19 Februarie 2012'n Program vir voorskoolse kinders waar verhale vertel word van Karel Kabouter en sy dieremaats met ‘n Christelike toepassing ná elke storie.
-
Kommentaar
Sondag 19 Februarie 2012RSG se aktualiteitspan praat met redakteurs en relevante rolspelers oor die hoofnuusgebeure van die afgelope week.
-
-
-
Kruis en dwars
Sondag 19 Februarie 2012Dis Februarie en die liefde blom oral. Johann Symington gesels oor die voorspoed en teëspoed in die huwelik, die beloftes wat voor die kansel afgelê word en hoe gelowiges oor die huwelik moet dink.
-
Hersiening 2011
Maandag 21 November 2011Dr. Amanda Swart en Basie van Wyk van Hugenote Hoërskool op Wellington doen hersiening oordie USSR en die val van kommunisme en die impak daarvan op Egipte.
-
Hoe verklaar jy dit?
Sondag 19 Februarie 2012Hoekom maak insekte gebruik van kamoeflering, advertensie en nabootsing? Hoeveel vlieë moet ‘n akkedis op een dag vang om te oorleef? En hoekom het Suid-Afrika nie olie nie?
-
Finansiële Fokus
Sondag 19 Februarie 2012'n Oorsig van die week se gebeure op die wêreld se finansiële markte.
-
Ekoforum
Sondag 19 Februarie 2012Jacqui January vra Johan Marais uit oor die interessanthede van verkleurmannetjies.
-
Die tale wat ons praat
Sondag 12 Februarie 2012Magdaleen Krüger kyk na taaltegnologie wat reeds beskikbaar is in tien landstale.
-
Dieremaniere
Donderdag 16 Februarie 2012'n Veearts beantwoord luisteraarsvrae oor die interessante maniere van hulle troeteldiere.
-
Dis Klassiek
Woensdag 23 Maart 2011Die Suid-Afrikaanse komponis, akademikus en pianis, Hubert du Plessis, is op 12 Maart 2011 oorlede. Luister na ‘n huldeblyk deur Tharien Oosthuizen.
-
Befonk
Woensdag 22 Februarie 2012Christine Wessels gesels met die skrywer van die jeugromans VAT ‘N GAP en MIEKE ROCK UIT, Jana du Plessis, en die skrywer en akteur, Martin Venter, oor hulle eerste teaterproduksie TRAPPE VAN VERGELYKING. Dan vertel die sanger en liedjieskrywer, Luna Paige, van haar eerste Afrikaanse musiekprojek.
-
Brêkfis met Derrich
Saterdag 18 Februarie 2012Wat doen jy as jy op jou leraar verlief raak of andersom?
BESTEL PROGRAMME OP CD
As jy weer na 'n program wil luister en dit is nie as 'n POTGOOI beskikbaar nie, klik HIER om dit bestel.
KONTAK ONS
- E-pos aan ateljee
- Uitsaaifrekwensies
- Bel ons:
- JHB: (011) 714-2702
- KST: (021) 430-8165
- PE: (041) 391-1315
- SMS aan ateljee
(R1.50) 33343 - Navrae: info@rsg.co.za
- (011) 714-6445 (faks)
- (021) 439-0395 (faks)
- (041) 373-8102 (faks)
E-NUUSBRIEF
Broadcasting for Total Citizen Empowerment

