TUISBLAD
PROGRAMME
Programskedule
Sportskedule
A-Z Programme
Aanbieders
Programwebwerwe
KLANK
Klankopsies
Klankargief
Potgooi (Podcasting)
Klank Afgestof
Bestel programme op CD
NUUSBULLETINS
OOGGETUIE
UITSAAIFREKWENSIES
WEER
MUSIEK
SA Top 20
Lys van Kunstenaars
VERMAAK
Leon se Fliekrubriek
Resepte
Speletjies
Gemeenskapsdagboek
Nuusbrief
RSG op Facebook
BLITSMENING
KOMPETISIES
AFLAAI
RSG Foto's
  Skermbewaarders en
Muurpapier
RSG advertensies
Dokumente en Vorms
MEDIA
Nuusverklarings
Foto's van Personeel
MEER OOR RSG
Die Radio in Afrikaans
Personeel
Gemeenskapsprojekte
RSG Dagboek
ADVERTEER OP RSG
Engels
Afrikaans
KONTAK ONS
   Snuffel rond op RSG.co.za:  
 SOEK
 
Nou op die Lug
Deurnag (Dinsdag)
01:00-05:00
e-pos aan Ateljee
Luister
 
Ateljee SMS: 33343
ZAR 1.50 per SMS
  BLITSMENING   WAT IS NUUT?   RSG Nuusbrief
Dink jy nog aan jou eerste liefde?
  Wat is nuut op die RSG webwerf? Klik hier
  Registreer vir RSG se nuusbrief
Jy kan vandag se skedule hieronder sien. As jy ‘n ander dag se skedule wil sien, klik op die kalender en dan op die spesifieke dag.

Vandag se Programskedule |
Dinsdag, 7 September  


Oggend
(00:00-12:00)

 

Middag
(12:00-18:00)

 

Aand
(18:00-24:00)

 

   Middagskedule
 

12:00-12:15

Musiekster
Ian Wessels

Nuwe CD's word in hierdie program bekendgestel en op Maandae praat die kunstenaars oor hulle musiek.


12:15-12:25

Musiek op RSG
Ian Wessels

Musiek van RSG se speellys


12:25-12:30

Radiomark


'n Program van advertensie-onderhoude waarvoor adverteerders betaal.


12:30-12:45

RSG Landbou
Ian Wessels

'n Program vir boere oor landbousake.


12:45-13:00

JSE Verslag & Weervoorspelling
Ian Wessels

'n Opsomming van die oggend se verhandeling op die JSE Sekuriteitebeurs gevolg deur die jongste weervoorspelling.


13:00-14:00

Spektrum


Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.


14:00-14:45

Loslip
Ian Wessels

Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter? Weet hy na jare nog nie hoeveel pasiënte hy gemiddeld per uur kan sien nie, of klets hy te lank met sommige? Word moeilike pasiente "ingedruk" of soek party meer simpatie eerder as behandeling en soek daarom langer troos op dokter se skouer?


14:45-15:00

Middagvervolgverhaal


INFERNO deur Charles Fourie.
Regie: Joanie Combrinck.


15:00-17:00

Tjailatyd
Amore Bekker

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, weervoorspellings en interessante gesprekke oor gebeure in jou omgewing. Op-en-wakker musiek kry jou in 'n japtrap by die huis.


17:00-18:00

RSG Geldsake
Andries van Zyl

Kraakvars nuus oor die finansiële markte, maatskappye en beleggings aangebied deur Moneyweb


 HOOGTEPUNTE OP RSG
 

Praat Saam
Dinsdag, 7 September
08:00-09:00
Wat is die omvang van mensehandel? Is die wetgewing -toepassing voldoende om die problem te bestry?


Loslip
Dinsdag, 7 September
14:00-14:45
Ten spyte van 'n afspraak op 'n spesifieke tyd, wag pasiënte dikwels heelwat langer voor die dokter hulle kan sien. Noodgevalle uitgesluit, vra 'n Loslipluisteraar, is dit bloot swak tydsbeplanning van die dokter?


Poen en Toekie
Dinsdag, 7 September
19:15-19:20
Poen leer waarom dit belangrik is dat die wind waai. Hy gaan soek sy vlieër.


Leeskring
Dinsdag, 7 September
20:30-21:00
Daniel Hugo gesels met Nicole Jaekel Strauss oor haar bundel kortverhale, MAAL.


RSG Kuns
Dinsdag, 7 September
21:00-22:00
André du Toit vertel van die Petersburg-kwartet se besoek aan Suid-Afrika.


Die legende leef voort
Dinsdag, 7 September
22:30-23:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.


Kortom
Dinsdag, 7 September
23:00-23:30
Paul Lukchoff lees Christiaan Bakkes se VETERAAN 2 & Petra Muller lees haar kortverhaal, GOUDPAPIER.


Loslip
Woensdag, 8 September
14:00-14:45
'n Luisteraar vra hoekom kinders so dikwels makliker raad van ander mense as van hulle ouers aanvaar.


Middagvervolgverhaal
Woensdag, 8 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans.
Episode 1: Direkteur Harry Walker teiken die Medprogebou in Pretoria omdat hy glo dis vandaar wat ‘n dwelmsindikaat sy bedrywighede bedryf. Agent Amor Truter sorg dat sy as sekretaresse by die vennote Tom Hattingh en Dick Nolte binne Medpro aangestel word. Sy beland dadelik in ‘n byenes.


Poen en Toekie
Woensdag, 8 September
19:15-19:20
Dis Apteekweek, en daarom besluit Bennie se ma en Toekie om te kyk of hulle medisynekassies nog genoeg van die nodige medisyne in het.


Loslip
Donderdag, 9 September
14:00-14:45
Dwarsdeur die geskiedenis was daar organisasies waarvan 'n mens bewus was, sonder om werklik te weet wat presies hulle doelwitte is. Party word bedryf onder die vaandel van 'n edel doel, soos liefdadigheid, terwyl dit eintlik 'n front is vir iets anders.


Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans.
Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.


Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.


RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass.
Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.


Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?