TUISBLAD
PROGRAMME
Programskedule
Sportskedule
A-Z Programme
Aanbieders
Programwebwerwe
KLANK
Klankopsies
Klankargief
Potgooi (Podcasting)
Klank Afgestof
Bestel programme op CD
NUUSBULLETINS
OOGGETUIE
UITSAAIFREKWENSIES
WEER
MUSIEK
SA Top 20
Lys van Kunstenaars
VERMAAK
Leon se Fliekrubriek
Resepte
Speletjies
Gemeenskapsdagboek
Nuusbrief
RSG op Facebook
BLITSMENING
KOMPETISIES
AFLAAI
RSG Foto's
  Skermbewaarders en
Muurpapier
RSG advertensies
Dokumente en Vorms
MEDIA
Nuusverklarings
Foto's van Personeel
MEER OOR RSG
Die Radio in Afrikaans
Personeel
Gemeenskapsprojekte
RSG Dagboek
ADVERTEER OP RSG
Engels
Afrikaans
KONTAK ONS
   Snuffel rond op RSG.co.za:  
 SOEK
 
Nou op die Lug
Loslip
14:00-14:45
e-pos aan Ateljee
Luister
 
Ateljee SMS: 33343
ZAR 1.50 per SMS
  BLITSMENING   WAT IS NUUT?   RSG Nuusbrief
Moet Jake White weer 'n kans kry om die Bokke af te rig?
  Wat is nuut op die RSG webwerf? Klik hier
  Registreer vir RSG se nuusbrief
Jy kan vandag se skedule hieronder sien. As jy ‘n ander dag se skedule wil sien, klik op die kalender en dan op die spesifieke dag.

Vandag se Programskedule |
Donderdag, 11 Maart  


Oggend
(00:00-12:00)

 

Middag
(12:00-18:00)

 

Aand
(18:00-24:00)

 

   Middagskedule
 

12:00-12:15

Musiekster
Ian Wessels

Nuwe CD's word in hierdie program bekendgestel en op Maandae praat die kunstenaars oor hulle musiek.


12:15-12:25

Musiek op RSG
Ian Wessels

Musiek van RSG se speellys


12:25-12:30

Radiomark


'n Program van advertensie-onderhoude waarvoor adverteerders betaal.


12:30-12:45

RSG Landbou
Hennie Maas

'n Program vir boere oor landbousake. Maandae val die klem op Agri SA. Dinsdae is dit die beurt van die Melkprodusente Organisasie en Woensdae kom Graan SA aan die beurt. Donderdae val die klem op landbou in die algemeen en Vrydae word die program versorg deur Elsenburg.


12:45-13:00

JSE Verslag & Weervoorspelling
Ian Wessels

'n Opsomming van die oggend se verhandeling op die JSE Sekuriteitebeurs gevolg deur die jongste weervoorspelling.


13:00-14:00

Spektrum


Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.


14:00-14:45

Loslip
Ian Wessels

'n Inbelprogram waar jy kan saamgesels - informeel, uit die hart en onpretensieus. Gooi los - ons doen dit lekker los van lip!


14:45-15:00

Middagvervolgverhaal


MASKERS deur Joe Kleinhans. Regie: Joanie Combrink.

Arrie Lubbe word met ‘n handkruisboog vermoor. Sy testament sorg vir ‘n reeks opskuddings wat die lewens van ‘n handvol mense in die Moot, Pretoria, ingrypend verander. Dis nie die enigste kruisboogmoord nie. Daar is ook straatvroue wat vermoor word. Die polisie en privaatspeurder Piet Beetge probeer vasstel of die moorde met mekaar verband hou en wie daarvoor verantwoordelik is.


15:00-17:00

Tjailatyd
Amore Bekker

'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, weervoorspellings en interessante gesprekke oor gebeure in jou omgewing. Op-en-wakker musiek kry jou in 'n japtrap by die huis.


17:00-18:00

RSG Geldsake
Andries van Zyl

Kraakvars nuus oor die finansiële markte, maatskappye en beleggings aangebied deur Moneyweb


 HOOGTEPUNTE OP RSG
 

Middagvervolgverhaal
Donderdag, 9 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans.
Episode 2: Dick Nolte en Bobbie Hattingh sweet bloed. Dick moet noodgedwonge Amor Truter se hulp inroep. Dick word afgepers en neem ‘n belangrike besluit.


Poen en Toekie
Donderdag, 9 September
19:15-19:20
Poen en Toekie leer van boomplantweek en besluit om die volgende dag 'n boom te plant.


Sterre en Planete
Donderdag, 9 September
20:30-21:00
Saterdag vind ‘n besondere okkultasie plaas. Venus gaan agter die maan verbybeweeg.


RSG Dokumentêr
Donderdag, 9 September
21:00-22:00
DIE TUISKOMS deur Danielle Wass.
Huis is waar die hart is. Maar dikwels is huis nie meer daar waar jou hart is nie en moet jy ‘n tuiste skep waar omstandighede jou heen gelei het. Luister na drie mense se stories van tuiskoms: Kortboy, die gangster van Sophiatown na Meadowlands; Derrick Davis van Distrik Ses na Mannenberg en Anna Moses van Olifantshoek na die Vrystaat.


Praat Saam
Vrydag, 10 September
08:00-09:00
Ettienne Ludick praat oor rugby en wat fout is met Suid-Afrikaanse rugby teen die agtergrond van die Springbokke se vertoning in die pasafgelope Drienasiesreeks. Die gas is oud-Springbok Pieter Hendricks.


Loslip
Vrydag, 10 September
14:00-14:45
Maak dit saak of jy die eerste kind, middelkind of jongste kind is?


Middagvervolgverhaal
Vrydag, 10 September
14:45-15:00
TWEESPALT deur Joe Kleinhans.
Episode 3: Barry Baker se been word gebreek. Amor Truter en Bobbie Hattingh word deel van Suid-Afrika se misdaadstatistiek. Shelly Barlow skep groot probleme vir Tom Hattingh.


Poen en Toekie
Vrydag, 10 September
19:15-19:20
Poen en Toekie moet besluit watter boom hulle vir boomplantweek gaan plant. 2010 se boom van die jaar is die Koorsboom. Die plonkies leer meer oor hierdie boom.


Musiek Sonder Grense
Vrydag, 10 September
22:00-23:00
Of jy nou van filterkoffie, kitskoffie of cappuccino hou – kry jou bekertjie gereed vir musiek uit die lande waar koffie verbou word.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 11 September
15:00-16:50
Leeus teen Griekwas in Johannesburg.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 11 September
17:05-19:00
Cheetahs teen Blou Bulle in Bloemfontein.


Poen en Toekie
Saterdag, 11 September
19:10-19:20
Bennie en Sarie leer vir Poen en Toekie hoe om Wolf-Wolf-hoe-laat-is-dit te speel. Bennie kyk nie waar hy hardloop nie. Hy val oor die plonkies se nuwe koorsboom wat hulle gister geplant het.


Die tale wat ons praat
Sondag, 12 September
11:00-11:30
Oud-regter Piet Schabort is ‘n man wat baie lief is vir Afrikaans en probeer om dit altyd keurig en suiwer te gebruik. Hoe sien hy die toekoms van Afrikaans? Hoe voel hy oor sogenaamde brabbelmieks, en wat dink hy van Afrikaans in die media? En wat sê hy van Afrikaanse musiek?


Die legende leef voort
Sondag, 12 September
13:30-14:00
Ons haal die masker af en vertel die ware verhaal van Freddie Mercury - van sy kleintyd op die speseryeiland, Zanzibar, tot op die wêreldverhoë waar hy duisende aan sy voete gehad het met sy talent.


Leefwêreld van die Gestremde
Sondag, 12 September
14:15-14:30
Jessie Kotze van eDeaf vertel meer oor die uitdagings wat met die na-skoolse opleiding van Dowes gepaardgaan.