TUISBLAD
PROGRAMME
Programskedule
Sportskedule
A-Z Programme
Aanbieders
Programwebwerwe
KLANK
Klankopsies
Klankargief
Potgooi (Podcasting)
Klank Afgestof
Bestel programme op CD
NUUSBULLETINS
OOGGETUIE
UITSAAIFREKWENSIES
WEER
MUSIEK
SA Top 20
Lys van Kunstenaars
VERMAAK
Leon se Fliekrubriek
Resepte
Speletjies
Gemeenskapsdagboek
Nuusbrief
RSG op Facebook
BLITSMENING
KOMPETISIES
AFLAAI
RSG Foto's
  Skermbewaarders en
Muurpapier
RSG advertensies
Dokumente en Vorms
MEDIA
Nuusverklarings
Foto's van Personeel
MEER OOR RSG
Die Radio in Afrikaans
Personeel
Gemeenskapsprojekte
RSG Dagboek
ADVERTEER OP RSG
Engels
Afrikaans
KONTAK ONS
   Snuffel rond op RSG.co.za:  
 SOEK
Nou op die Lug
Joune
11:00-11:50
e-pos aan Ateljee
Luister
 
Ateljee SMS: 33343
ZAR 1.50 per SMS
  BLITSMENING   WAT IS NUUT?   RSG Nuusbrief
Dink jy nog aan jou eerste liefde?
  Wat is nuut op die RSG webwerf? Klik hier
  Registreer vir RSG se nuusbrief

   Rekenaarrubriek
   Dinsdag, 5 Augustus 2008
TERUG   

18:15-18:30

Aanbieder
Fakir Hassen

Antwoord op vraag van 29 Julie 2008
Wat is overburn?
Dit is wanneer mens data op ‘n CD verby die normale limiet skryf. Op meeste CD-R media kan nie meer as 650 tot 659 MB data geskryf word nie, omdat ‘n persentasie (tot 10%) van die beskikbare spasie vir lead-out gereserveer word. Meeste programme gebruik die spasie vir die vereiste 90 sekonde lead-out . Die lead-out is oorspronklik ook bedoel om te kompenseer indien die CD-speler se leeskop sou overseek.

Dit is soms moontlik om die lead-out te verklein, maar dit hang af van die hardeware en sagteware wat gebruik word. Om dit te verkein, moet mens van DAO (Disc-At-Once) gebruik maak, want dit laat jou toe om jou eie lead-out te spesifiseer.

Die probleem met overburn is dat alle CD-spelers nie noodwendig die laaste 90 sekondes of die deel wat ge-overburn is, kan speel nie. Verder kan dit selfs jou CD-skrywer beskadig.

Akronieme van die week
DAO: Disc-At-Once (skryf die hele CD op een slag)
TAO: Track-At-Once (skryf individuele baan of track met gapings tussen die verskillende bane, bv. oudio CD)
SAO: Session-At-Once (skryf en finaliseer veelvoudige sessies op een CD)

Webwerf van die week
Lourens Breytenbach het laat weet dat alle luisteraars, insluitend onderwysers, genooi word om te gaan kyk na www.onderwysers.com. Dit is gratis om aan te sluit en alle inligting wat belangrik is vir onderwysers word daarop bespreek. Onderwysers kan ook insette lewer, video, klank en geskrewe materiaal oplaai. Ouers kan hier advies oor skoolsake, kinderprestasies kry, met ander ouers gesels en so meer. Selfs leerders kan hulp kry met huiswerk en kan kla oor hul onderwysers! Hierdie is ‘n baie nuttige webwerf wat in ‘n groot behoefte gaan voldoen.

Een van die skakels wat hulle noem is www.TeachITza.com. Dit is ‘n webblad met hulpbronne vir IT-opvoeders en -leerders.

Wenk van die week
Rolf vra hoe lank kan DVD’s en CD’s informasie behou voordat dit dalk nie meer gelees kan word nie?
Wel, mens kan seker 25 tot 50 jaar wag en uitvind of die vervaardiger van die media reg was oor hoe lank dit kan hou. Indien jy nie daardie kans wil waag met jou kosbare foto’s en data nie, volg die riglyne wat in die volgende artikel voorkom: www.audioholics.com/education/audio-formats-technology/cd....

Die grootste probleme word veroorsaak deur verkeerde hantering, onder andere:

  • blootstelling aan hoë hitte en humiditeit
  • blootstelling aan uiterste temperatuurwisselinge
  • blootstelling aan sonlig of ander bronne van ultravioletlig
  • stoor horisontaal vir baie lank (jare)
  • maak met sirkulêre bewegings skoon

Vraag van die week
Wat is LOL en ander afkortings wat in boodskappe op gebruik word?

FAKIR HASSEN SE WEBWERF

REKENAARRUBRIEK SE WEBWERF


Registreer vir Potgooi (Podcasting)


   Vorige Programme

18:15-18:30

Dinsdag, 24 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (7,409 KB)

Die jongste gebeure in die wêreld van rekenaars en inligtingstegnologie word bespreek. Kontak RSG se Rekenaarrubriek by rekenaar@rsg.co.za

  

18:15-18:30

Dinsdag, 20 Julie 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (7,363 KB)

Die jongste gebeure in die wêreld van rekenaars en inligtingstegnologie word bespreek. Kontak RSG se Rekenaarrubriek by rekenaar@rsg.co.za

  

18:15-18:30

Dinsdag, 13 Julie 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (7,366 KB)

Die jongste gebeure in die wêreld van rekenaars en inligtingstegnologie word bespreek. Kontak RSG se Rekenaarrubriek by rekenaar@rsg.co.za



 

 

 HOOGTEPUNTE OP RSG
 

Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?


Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.


Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.


Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.


Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.


Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.


Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.


Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?


Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?


Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.


Leefwęreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.


Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.


Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?