 |
Rekenaarrubriek
Dinsdag, 2 Februarie 2010 |
TERUG
|
 |
|
 |
|
18:15-18:30
|
Aanbieder
Fakir Hassen
Antwoord op vraag van 26 Januarie 2010 Hoe skep of wysig mens ‘n gebruiker en wagwoord in Win XP? Om ‘n nuwe gebruiker te skep gaan na Control Panel -> User Accounts. In Pick a task kies Create a new account. Tik die naam van die gebruiker in en kies Next. Kies die verlangde gebruiker tipe en kies Create Account. Om veranderinge aan te bring kies Change an account in die Pick a task lys. Selekteer die een wat verander moet word en kies die item wat verander moet word, hetsy die naam, prentjie tipe of wagwoord, of kies delete account as dit verwyder moet word. Mens kan uiteraard nie die gebruiker wat aangeteken is verwyder of delete nie.
Webwerf van die week Vir ‘n verduideliking van user profiles en stappe om verskeie take te verrig rakende gebruikers in Win XP besoek gerus www.kellys-korner-xp.com/win_xp_logon.htm.
Vertoon vergete Windows wagwoorde met hierdie nutsprogram: Revelation by www.snadboy.com.
Wenk van die week Kortpadsleutels vir Office 2007 SmartArt:
- Shift en regterpyltjie – maak horisontale grootte groter
- Shift en linkerpyltjie – maak horisontale grootte kleiner
- Shift en pyltjie boontoe – maak vertikale grootte groter
- Shift en af pyltjie – maak horisontale grootte kleiner
- Ctrl plus enige van boonste kombinasies - maak dit in kleiner hoeveelhede groter of kleiner.
Vraag van die week Wat is nuut in Office 2010?
FAKIR HASSEN SE WEBWERF
REKENAARRUBRIEK SE WEBWERF
|
|
| Vorige Programme |
 |
|
|
|
Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?
|
|
Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.
|
|
Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.
|
|
Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.
|
|
Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.
|
|
Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.
|
|
Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?
|
|
Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?
|
|
Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.
|
|
Leefwęreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.
|
|
Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.
|
|
Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?
|
| |
|