TUISBLAD
PROGRAMME
Programskedule
Sportskedule
A-Z Programme
Aanbieders
Programwebwerwe
KLANK
Klankopsies
Klankargief
Potgooi (Podcasting)
Klank Afgestof
Bestel programme op CD
NUUSBULLETINS
OOGGETUIE
UITSAAIFREKWENSIES
WEER
MUSIEK
SA Top 20
Lys van Kunstenaars
VERMAAK
Leon se Fliekrubriek
Resepte
Speletjies
Gemeenskapsdagboek
Nuusbrief
RSG op Facebook
BLITSMENING
KOMPETISIES
AFLAAI
RSG Foto's
  Skermbewaarders en
Muurpapier
RSG advertensies
Dokumente en Vorms
MEDIA
Nuusverklarings
Foto's van Personeel
MEER OOR RSG
Die Radio in Afrikaans
Personeel
Gemeenskapsprojekte
RSG Dagboek
ADVERTEER OP RSG
Engels
Afrikaans
KONTAK ONS
   Snuffel rond op RSG.co.za:  
 SOEK
Nou op die Lug
Joune
11:00-11:50
e-pos aan Ateljee
Luister
 
Ateljee SMS: 33343
ZAR 1.50 per SMS
  BLITSMENING   WAT IS NUUT?   RSG Nuusbrief
Dink jy nog aan jou eerste liefde?
  Wat is nuut op die RSG webwerf? Klik hier
  Registreer vir RSG se nuusbrief

   RSG Dokumentêr
   Donderdag, 11 Maart 2010
TERUG   

21:00-22:00

Aanbieder
Chris Swanepoel

KASTEEL DE GOEDE HOOP deur Chris Swanepoel.
Die Kasteel in Kaapstad is die oudste gebou in Suid-Afrika wat vandag nog ten volle in gebruik is. Luister na 'n dokumentêre program oor die geskiedenis en huidige gebruik van hierdie statige ou gebou wat in die 1980's onder die bekwame leiding van die argitekspaar, Gawie en Gwen Fagan, omvattend gerestoureer is. Nie alleen word daar vertel van die rol wat lady Anne Barnard hier gespeel het nie, maar soos met enige ou gebou, is daar klaarblyklik ook 'n paar spoke wat in die Kasteel tuis gaan. C. Louis Leipoldt het selfs 'n drama geskryf oor die opvlieënde en hardvogtige goewerneur, Pieter Gysbert Noodt, wie se gees glo vandag nog deur die donker gange van die Kasteel dwaal.

CHRIS SWANEPOEL SE WEBWERF



  Beskikbare Klank   Luister   Laai MP3

RSG Dokumentêr
Die Kasteel in Kaapstad is die oudste gebou in Suid-Afrika wat vandag nog ten volle in gebruik is. Luister na 'n dokumentêre program oor die geskiedenis en huidige gebruik van hierdie statige ou gebou wat in die 1980's onder die bekwame leiding van die argitekspaar, Gawie en Gwen Fagan, omvattend gerestoureer is. Nie alleen word daar vertel van die rol wat lady Anne Barnard hier gespeel het nie, maar soos met enige ou gebou, is daar klaarblyklik ook 'n paar spoke wat in die Kasteel tuis gaan. C. Louis Leipoldt het selfs 'n drama geskryf oor die opvlieënde en hardvogtige goewerneur, Pieter Gysbert Noodt, wie se gees glo vandag nog deur die donker gange van die Kasteel dwaal.


25,555KB

25,555KB

Registreer vir Potgooi (Podcasting)


   Vorige Programme

21:00-22:10

Donderdag, 2 September 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (20,729 KB)

WANDEL IN VILAKAZISTRAAT deur Amanda Olivier
Stap saam met Amanda Olivier deur Vilakazistraat in Soweto en bekyk die twee Nobelpryswenners se huise van buite. Besoek die gewilde Sahkumzirestaurant en ontmoet die vrolike Soweto-siele wat hulle ware op die straathoeke uitstal. Amanda ontmoet ook die energieke toerleier, Zindwiswe.

SJEBIENMATRIEKS deur Mariska Spoormaker

Daar is ‘n kroeg in die Oos-Kaap wat sy deur na nege op ‘n weeksaand sluit vir normale klante en dan oopmaak vir matrikulante om in rus en vrede, en met die hulp van ‘n oudonderwyser, voor te berei vir die eksamen.

  

21:00-22:00

Donderdag, 26 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (21,935 KB)

JACQUES IMBRAILO deur André Pretorius.

André Pretorius praat met die jong Suid-Afrikaanse bariton, Jacques Imbrailo, wat tans die hoofrol in Benjamin Britten se opera Billy Budd by Glyndebourne naby Londen vertolk.

  

21:00-22:00

Donderdag, 19 Augustus 2010
Klank beskikbaar:
KLANK (20,783 KB)

CHERYL CAROLUS - VAN DIE KLASKAMER TOT IN DIE RAADSAAL deur Jacqui January.
Cheryl Carolus was ‘n skrander leerder en het in haar tienerjare al sterk leierseinskappe getoon. Sy vertel hoe haar pa haar ma mishandel het, maar tog ook vir haar en haar susters waardevolle lewenslesse geleer het. Hierdie aktivis het later een van die besluitnemers in ‘n demokratiese Suid-Afrika geword. Vandag is sy ‘n geen-nonsens sakevrou, en bly deur dit alles blymoedig, positief en ‘n fees vir die mense om haar.



 

 

 HOOGTEPUNTE OP RSG
 

Loslip
Vrydag, 3 September
14:00-14:45
Dis seker die lente in die lug, maar ‘n hele klompie luisteraars het laat weet hulle wil oor eerste liefde gesels. Onthou jy nog joune? Glimlag jy selfbewus daaroor? Hunker jy terug daarna, of kners jy op jou tande van selfverwyt?


Poen en Toekie
Vrydag, 3 September
18:15-18:20
Bennie en Sarie se ma beraam saam met Toekie en Sarie 'n plan, om vir Bennie en Poen te leer om nie hulle goed te laat rondlê nie en dit op te pas.


Rugby: Curriebeker
Vrydag, 3 September
19:10-21:00
Leeus teen WP in Johannesburg.


Oppiradio
Vrydag, 3 September
21:00-22:00
Regstreekse uitsending van die Gariepfees af in Kimberley met musiek deur Zinkplaat.


Rugby: Drienasies
Saterdag, 4 September
17:00-19:00
Suid-Afrika teen Australië in Bloemfontein.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
19:10-19:50
Eerste helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.


Poen en Toekie
Saterdag, 4 September
19:50-19:55
Bennie sê uiteindlik vir sy ma hy't sy nuwe skoene verloor, maar dat hy 'n dure les geleer het, en van nou af sy goed soos goud sal oppas.


Rugby: Curriebeker
Saterdag, 4 September
20:05-21:00
Tweede helfte: Blou Bulle teen Haaie op Loftus Versfeld in Pretoria.


Sokker
Saterdag, 4 September
21:00-22:15
Suid-Afrika teen Niger by die Mbombelastadion in Nelspruit.


Die tale wat ons praat
Sondag, 5 September
11:00-11:30
Is Afrikaans regtig so ‘n duur taal om aan ons universiteite aan te bied? Waarom presteer Afrikaanse skole beter as ander skole?


Hoe verklaar jy dit?
Sondag, 5 September
11:30-12:00
Hoe werk ‘n voël se oë om byvoorbeeld sy prooi in vlug te kan vang, of onder water te kan sien?


Die legende leef voort
Sondag, 5 September
13:30-14:00
Met sy kenmerkende lang blonde hare, sy draadraam brilletjie en kitaar onder die arm, het John Denver in sy geliefde Rotsgebergte musiek gemaak wat uiteindelik oor die wêreld weerklink het in een treffer na die ander.


Leefwêreld van die Gestremde
Sondag, 5 September
14:15-14:30
Petra Burger van die Nasionale Raad vir Persone met Gestremdhede in SA vertel meer oor ‘n ondersteuningsgroep vir persone met, en ouers van kinders, met Spina Bifida.


Kruis en dwars
Sondag, 5 September
19:00-20:00
Selfmoord is nie iets waaraan baie mense dink nie. Dit is soms moeilik om enigsins te begryp wat ’n mens op so ’n punt kan bring dat jy besluit om jou eie lewe te neem.


Praat Saam
Maandag, 6 September
08:00-09:00
Wat is sensoriese intelligensie en hoe kan jou sintuie ‘n rol speel in prestasie in die werkplek?