NOU OP DIE LUG
PRAAT SAAM is die kans vir elke luisteraar om sy sê te sê en deel te wees van die openbare debat. Dit is jou program om inligting te kry, ander se perspektiewe te hoor en gesamentlik te help soek na oplossings.
MEER INLIGTINGResepte
KEURRESEP
-
Andrea se eiervruglasagne
Dinsdag 21 Februarie 2012Program: Tjailatyd
Porsies: 6Gradering uit 10: (9 stemme) -
Oppas wat jy sê, want jou adres kom by jou mond uit! - SMS van 'n leser.
-
BESTANDDELE
2 groot eiervrugte, in lang skywe gesny met skil aan
2 uie, opgekap
6 tamaties
rou knoffel
gerasperde cheddar of mozzarellakaas
bietjie koekmeel
olyfolie
sout en peperMETODE
Druk die eiervrugskywe droog met handoekpapier.
Rol dit in die meel en braai tot gaar in olyfolie.
Dompel die tamaties in warm water en trek die skil af.
Sny in stukkies en braai saam met die uie.
Pak in lae in oondbak - eiervrug, tamatie en uie, rasper dan die knoffel oor die tamatie, en dan die kaas.
Herhaal twee keer.
Bak oop in oond teen 180 grade vir 30 minute.
Heerlik saam met 'n braaivleis!

