LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Spektrum

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

MEER INLIGTING
Fair 6°/20°
WEER Wind: SSO
TERUG

Resepte

  • Koekies vir die pad

    Dinsdag 14 Desember 2010

    Program: Tjailatyd

    Gradering uit 10:
     (41 stemme)
  • BESTANDDELE

    Soetkoekies
    1kg Bruismeel
    500g Maragrien
    4 kop suiker
    6 eiers geklits

    Sjokolade Malvalekkers (maak 40 blokke)
    125g margarien of botter
    350g houer Rice Crispies
    500g mavalekkers
    2 x 200g blokke sjokolade

    Skuimpies vir diabete
    2 eierwitte
    125ml Xilitol (natuurlike versoeter)
    5ml vanielje geursel

    METODE

    Soetkoekies

    Meng meel en botter goed. Voeg suiker en eiers by. Knie goed deur.
    Rol in balletjies en druk plat met vurk op bakplaat.
    Bak teen 180c tot bruin. 

    Sjokolade Malvalekkers (maak 40 blokke)

    Smelt margarien/botter in 'n kastrol.
    Voeg malvalekkers by, en sodra dit smelt, voeg die Rice Crispies by, en roer goed.
    Giet uit in 'n gesmeerde rolkoekpan en druk goed vas.
    Smelt sjokolade, en smeer oor Crispies mengsel.
    Laat die hele mengsel stol vir 1 uur.
    Sny in blokke.

    Skuimpies vir diabete

    Klop eierwitte tot sagte punte vorm.
    Voeg die Xilitol stadig by, terwyl dit nog geklits word.
    Voeg vanielje by.
    Skep lepels vol op 'n gesmeerde pannetjie of druk dit deur 'n versiersak.
    Bak in oond vir 'n uur.
    Skakel oond af, en los skuimpies daar, totdat die oond heeltemal afgekoel het. 

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?

STUUR DIE RESEP AAN ‘N VRIEND

STUUR
* Verpligte velde