NOU OP DIE LUG
Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
MEER INLIGTINGResepte
-
Groen slaai met druiwe
Woensdag 2 November 2011Program: Oggend op RSG
Porsies: 4 - 6Gradering uit 10: (3 stemme) -
Wenke:
1. Vervang aspersies met dun groen boontjies.2. Voeg repies gaar hoender by die slaai vir ‘n ligte ete.
3. Vervang druiwe met geelperskes, nektariens of mangos.
-
BESTANDDELE
Slaaisous
50 ml olyfolie
30 ml appel-, framboos-, of enige vrugte-gegeurde asyn of selfs verjuice
20 ml heuning
10 ml korrelmosterd
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
5 groot vars kruisementblare, in dun repies gesnySlaai
150 g aspersies, deeglik gewas
150 g gemengde slaaiblare, dwergspinasie of kruie bv. roket en bronkors
2 handevol vars kruisementblare
500 g rooi of groen druiwe, gehalveer en ontpit
8-10 klein vars komkommertjies, in skywe gesny
4 sprietuie, in dun skyfies gesny
1-2 selderystingels, in skfies gesny
2 skywe fetakaas, gekrummel
1 avokado, in skyfies gesnyMETODE
Slaaisous
Klits al die bestanddele, behalwe die kruisement, saam en geur na smaak.
Roer kruisement versigtig in en laat vir ’n paar minute staan.Slaai
Plaas aspersies in ’n vlak mengbak en bedek heeltemal met kookwater.
Laat 5 - 7 minute staan en dreineer dadelik.
Spoel af in koue water sodat aspersies nie verder gaar word nie en dreineer deeglik.
Pak slaai- en kruieblare met die res van die bestanddele op individuele borde of ’n groot slaaibord.
Sit met die slaaisous voor.

