LUISTER NOU

NOU OP DIE LUG

Monitor

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

MEER INLIGTING
Unknown 7°/18°
WEER Wind: N
TERUG

Resepte

  • Lente Frittata

    Saterdag 8 September 2012

    Program: Brêkfis met Derrich
    Porsies: 6

    Gradering uit 10:
     (17 stemme)
  • BESTANDDELE

    8 groot eiers
    100g fetakaas, gekrummel
    100g babaspinasieblare
    80g parmesaankaas
    sout en gemaalde swartpeper
    1 ui, grof gekap
    1 soetrissie, repies gesny
    100g kersietamaties
    handvol roketblare

    METODE

    Voorverhit die oond tot 180°C.
    Klits die eiers liggies in ‘n mengbak.
    Voeg die feta, babaspinasie en die helfte van die parmesaankaas by.
    Geur met sout en swartpeper.
    Verhit olie in ‘n diep, oondvaste braaipan.
    Braai die uie en soetrissie tot gaar.
    Voeg die tamaties by en roerbraai ‘n verdere 3 minute.
    Giet die eiermengsel in die braaipan en maak seker die vulsel is eweredig versprei.
    Plaas terug op die hitte en laat toe dat die mengsel net begin stol.
    Plaas dan in die oond vir 8-10 minute tot deurgaar.
    Sprinkel met die res van die parmesankaas en bedien met ‘n handvol vars roketblare.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?

STUUR DIE RESEP AAN ‘N VRIEND

STUUR
* Verpligte velde