Resepte

  • Patat-frittata met boeren-en-komynkaas
    Patat-frittata met boeren-en-komynkaas
    Saterdag 18 Maart 2017
    Program: Brkfis met Derrich
    Porsies: 2
    Gradering uit 10:
     
    (9 stemme)
  • Bestanddele

    2 eetlepels (30ml) olie
    ½ ui, in skyfies gesny
    1 medium patat, in blokkies van ± 1 cm gesny
    4 repies spek, in blokkies gesny
    3 eiers
    sout en vars gemaalde swartpeper, na smaak
    ¼ koppue (± 65 ml) boeren-en-komynkaas, gerasper

    Metode

    Verhit die oond tot 180 °C.

    Verhit 1 eetlepel olie in ‘n braaipan en braai die uie, patat en spek tot gaar. Verwyder van die hitte en laat eenkant om af te koel.

    Klits die eiers, sout en vars gemaalde swartpeper saam in ‘n mengbak en voeg die patat- en spek mengsel by die eiers.

    Verhit die oorblywende olie in ‘n oondvaste braaipan oor matige hitte. Giet die mengsel in die braaipan en roer vir ± 20 sekondes tot dit net begin stol.

    Lig die kant van die frittata met ‘n vurk of eierspaan op en kantel die pan om die rou eier onder te laat inloop. Braai vir ‘n verdere 30-40 sekondes sonder om te roer tot gaar en goudbruin aan die onderkant.

    Sprinkel die kaas bo-oor en bak die frittata in die oond tot die eier heeltemal gestol en die kaas gesmelt is. Verwyder die frittata uit die pan en bedien dadelik.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR