Interaktief
SMS:45889
(R1.50 per SMS)-
Uitsaaifrekwensies
-
YouTube
-
Twitter
-
Android-toepassing
-
Facebook
-
Apple-toepassing
-
E-nuusbrief
- WhatsApp:
076-536-6961 - (slegs teks en stemboodskappe)
Resepte
-
SJ se Bunny Chow
Vrydag 22 September 2017Program: TjailatydPorsies: 2Gradering uit 10:
(27 stemme) -
Bestanddele
Brood
1 heel brood
100 g botterVulsel
300 g lamstjops, gebraai na smaak
20 ml botter
1 groot ui, fyngekap
'n halwe groenrissie, fyngekap
150 g sampioene, opgekap
4 ryp tamaties, skil verwyder en fyngekap
250 ml lamsaftreksel
1 eetlepel blatjang
1 eetlepel Worcestersous
½ teelepel rissievlokkies, gedroog
½ teelepel rooipeper
1 teelepel gemmerpoeier
1 teelepel matige kerriepoeier
1 teelepel borrie
250 ml room
sout en peper na smaakMetode
Brood
Sny die brood middeldeur.
Sny die korsies af.
Smeer al vyf kante van elke halwe brood, waarvan die korsies afgesny is, liggies met botter.
Rooster elke kant op 'n warm rooster oor matige kole om 'n mooi rooster-patroon te vorm.
Hol die bokant versigtig uit om ‘n bakkie te vorm.Vulsel
Braai die ui in 'n platboom-ysterpot tot glaserig op die vuur.
Voeg die sampioene by en braai vir nog 'n minuut of twee.
Gooi die res van die bestanddele, behalwe die room en tjoppies, in die pot en kook oor lae kole vir sowat 25 minute.
BELANGRIK: Hou die vloeistof dop en kyk dat dit nie droog kook nie. Voeg nog lamsaftreksel by indien nodig.
Sny die vleis in 1 cm by 1 cm blokkies en voeg by die kerriemengsel in die pot.
Voeg die room by en prut vir 5 minute.
Skep die vulsel in die brood en bedien.