Resepte

  • Pêrel van die Paarl se dis (Kekerertjiekerrie)
    Prel van die Paarl se dis (Kekerertjiekerrie)
    Woensdag 11 Oktober 2017
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (18 stemme)
  • Mense sal staar, so maak dit vir hulle die moeite werd. (Harry Winston)

  • Bestanddele

    2 uie, gekap
    3 knoffeltoontjies, fyngemaak
    1½ teelepel kerrie
    1½ teelepel masala
    ¼ teelepel komyn
    1 blik klappermelk
    1 blik kekerertjies
    1 blik tamaties
    2 eetlepels meel (opsioneel)
    sap van halwe suurlemoen

    Metode

    Braai die ui en knoffel liggies.
    Voeg die speserye by en roer vir 2 minute.
    Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meel en suurlemoensap, by.
    Prut vir 10 minute.
    Voeg die meel by om die sous dik te maak.
    Voeg die suurlemoensap by net voor opdiening.
    Bedien op basmatirys.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR