Resepte

  • Vakansieresep (Tagliatelle Alfredo)
    Vakansieresep (Tagliatelle Alfredo)
    Woensdag 6 Desember 2017
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 2
    Gradering uit 10:
     
    (16 stemme)
  • Werkers is mens, nie bronne nie. (Richard Branson)

  • Bestanddele

    200 g Tagliatelle-pasta
    1 pak sampioene, gekap
    1 tot 2 eetlepels botter
    2 knoffeltoontjies, fyngemaak
    sout en swartpeper
    1 brandrissie (opsioneel)
    1 eetlepel meel
    1½ koppie room
    2 gerookte hoenderfilette, in skyfies gesny
    vars roketblare (opsioneel)
    pietersielie (opsioneel)

    Metode

    Kook die pasta tot al dente en hou eenkant.
    Braai die sampioene in botter.
    Vvoeg sout en swartpeper by.
    Voeg die knoffel en rissie by sodra die sampioene gaar is.
    Voeg die meel by en roer goed.
    Voeg die room bietjie-bietjie by totdat die sous dik word.
    Voeg die hoenderstukke by.
    Prut vir 5 minute.
    Bedien op pasta.
    Garneer met roketblare of pietersielie.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR