Resepte

  • Liefdestoebroodjie
    Liefdestoebroodjie
    Maandag 1 Januarie 2018
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (15 stemme)
  • Daar is erger misdade as om boeke te brand. Een daarvan is om dit nie te lees nie. (Joseph Brodsky)

  • Bestanddele

    1 broodrolletjie
    pesto, of enige smeer
    oorskiet wors, salami, spek, hoender of ander vleis
    mayonnaise
    gekarameliseerde ui / mosterd / atjar
    tamatie, in skywe gesny
    slaaiblare
    slaaisous

    Metode

    Sny die broodrolletjie in die helfte, en hol die boonste een uit.
    Smeer albei kante met die pesto of enige smeer.
    Plaas die velies op die broodjie.
    Bedek dit met 'n dun lagie mayonnaise.
    Plaas die ui, atjar of mosterd bo-op, egvolg deur die tamatie, blare en slaaisous.
    Plaas die boonste "deksel" bo-op.
    Druk die rolletjie effens plat, sodat al die bestanddele mekaar goed leer ken. So seën jy die liefdesbroodjie.
    Gee dit vir 'n geliefde, en laat die broodjie sy werk doen...

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR