Resepte

  • Cassie se koes-koes kuiken (hoender met koeskoes)
    Cassie se koes-koes kuiken (hoender met koeskoes)
    Woensdag 10 Januarie 2018
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (17 stemme)
  • Die lewe se tragedie is dat ons te vroeg oud raak, maar te laat wys word. (Benjamin Franklin)

  • Bestanddele

    4 hoenderborsies, in blokkies gesny
    1 ui, gekap
    1 soetrissie, gekap
    1 koppie koes-koes
    1 koppie warm hoenderaftreksel
    1 blikkie gemengde bone
    1 wiel fetakaas, gekrummel
    2 eetlepels basiliekruidpesto
    2 teelepels suurlemoenskil, gerasper

    Metode

    Braai die uie en soetrissie tot deurskynend.
    Voeg die hoender by en braai tot gaar.
    Meng die koeskoes en hoenderaftreksel en laat dit swel to gaar.
    Voeg die bone, pesto, suurlemoenskil en hoendermengsel by.
    Meng goed.
    Krummel die fetakaas bo-oor.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR