Resepte

  • Anna Carolina Alberts se gesonde bruintjies
    Anna Carolina Alberts se gesonde bruintjies
    Woensdag 14 Februarie 2018
    Program: Oggend op RSG
    Gradering uit 10:
     
    (26 stemme)
  • Bestanddele

    1 blikkie botterbone, goed gedreineer
    1 teelepel vanielje
    5 eiers
    ⅓ koppie kakao
    ½ teelepel koeksoda
    1 teelepel bakpoeier
    1 teelepel kaneel
    ⅓ koppie botter of klapperolie
    ¼ teelepel sout
    1 koppie dadels, geweek in 1 koppie kookwater vir 20 minute (gooi die water dan af)

    Vir die avokado versiersel
    1 avokado
    ¼ koppie kakao
    ¼ koppie heuning
    knypie sout
    1 druppel vanielje

    Metode

    Verhit die oond tot 180 grade C.
    Smeer ’n bruintjiepan van sowat 20cm x 15cm.
    Voeg al die bestandele bymekaar in ’n voedselverwerker en verwerk tot glad - dit is soms makliker om net eers die dadels te verwerk.
    Giet die beslag in die voorbereide pan.
    Bak vir ongeveer 40 minute tot ’n toetspen moet skoon uitkom.
    Laat dit afkoel op ’n afkoelrakkie.
    Sny in blokke.
    Verwerk al die bestanddele vir die versiersel tot glad en smeer op die sjokolade bruintjies.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR