Resepte

  • Anna se liefde lewerkoekies
    Anna se liefde lewerkoekies
    Maandag 16 April 2018
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (14 stemme)
  • As jy dink avontuur is gevaarlik, probeer normaal, dis dodelik. (Paulo Coelho)

  • Bestanddele

    1 skaaplewer, vlies afgetrek
    1½ teelepel sout
    peper
    ½ eetlepel pietersielie, fyngekap
    ½ eetlepel ui, fyngekap
    1 eier
    2 eetlepels koekmeel
    paar repies spek

    Sous
    1 eetlepel koekmeel
    1 koppie water
    1 eetlepel Worcestersous of asyn

    Metode

    Gebruik twee vurke om die lewer uit mekaar te trek en fyn te maak.
    Voeg die res van die bestanddele, behalwe die spek, by en meng goed.
    Dit is 'n slap affêre.
    Braai die spek in 'n pan en hou eekant. (eet dit die volgende oggend vir ontbyt)
    Skep die lewermengsel met 'n eetlepel in die pan op matige hitte.
    Voeg die sous se bestanddele by die sous in die pan.
    Kook tot lewerkoekies gaar is.
    Haal uit en dreieneer op kombuispapier.
    Bedien op kapokaartappels.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR