Resepte

  • Mattie se groentelasagne
    Mattie se groentelasagne
    Maandag 10 September 2018
    Program: Tjailatyd
    Porsies: 4 - 6
    Gradering uit 10:
     
    (18 stemme)
  • Wat jy van ander sê, sê meer van jou as van hulle. (Thuli Madonsela)

  • Bestanddele

    125 g rou pasta van jou keuse
    olie
    300 g botterskorsie, geskil en in blokkies gesny
    1 ui, gekap
    knoffel na smaak
    2 handevol vars spinasie, in repe geskeur
    kruie na smaak
    sout en peper
    800 ml kaassous
    kersietamaties, gehalveer

    Metode

    Kook pasta tot gaar, en hou eenkant.
    Braai die botterskorsie, ui, knoffel, kruie en spinasie in olie.
    Voeg sout en peper by.
    Skep die pasta in 'n oonbak.
    Plaas die gebraaide groente bo-op.
    Plaas die kersietamaties bo-op.
    Bedek met kaassous.
    Bak teen 180 grade vir 20 minute sonder 'n deksel.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR