Resepte

  • Marinda se aandrok-hoender (Hoender en broccoli)
    Marinda se aandrok-hoender (Hoender en broccoli)
    Woensdag 7 November 2018
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (45 stemme)
  • Jy is nie 'n produk van jou omstandighede nie. Jy is 'n produk van jou besluite. (Steven Covey)

  • Bestanddele

    1 gaar hoender, ontbeen
    1 pakkie broccoli-boompies
    1 blik sampioenroomsop
    125 ml natuurlike joghurt
    125 ml mayonnaise
    2 teelepels suurlemoensap
    4 teelepels kerriepoeier
    1 blik klapperroom
    2 koppies broodkrummels
    2 wiele fetakaas, gekrummel
    cheddarkaas (opsioneel)
    1 teelepel  neutmuskaat

    Metode

    Plaas die hoenderstukkies in 'n oondbak.
    Stoom die broccoli gaar, en plaas dit bo-op die hoender.
    Meng die res van die bestanddele, behalwe die broodkrummels, fetakaas en neutmuskaat.
    Bedek die hoender en broccoli daarmee.
    Sprinkel die broodkrummels, fetakaas, neutmuskaat en cheddarkaas oor.
    Bak vir 30 minute teen 180 grade.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR