Resepte

  • Elegante Kersfees-koekstruif
    Elegante Kersfees-koekstruif
    Woensdag 5 Desember 2018
    Program: Oggend op RSG
    Porsies: 6 - 8
    Gradering uit 10:
     
    (22 stemme)
  • Bestanddele

    500 g mascarpone
    250 ml room
    3 eetlepels strooisuiker
    1 x 200 g pakkie Boudoir-koekies
    250 ml dessertwyn
    500 g frambose
    250 ml room
    1 eetlepel strooisuiker

    Metode

    Voer 'n broodpan (10 x 35 cm) uit met kleefplastiek. Maak seker dat die oorhangende stukke lank genoeg is om die koekstruif toe te maak wanneer dit klaar is.
    Plaas die mascarpone, 250 ml room en 3 T strooisuiker in 'n menger en klits totdat dit lekker volume het.
    Plaas 'n laag van die vingerbeskuitjies in die broodpan en drup 'n derde van die nageregwyn op die koekies.
    Plaas die helfte van die frambose bo-op.
    Skep die helfte van die mascarpone-mengsel op die bessies, en maak dit gelyk met paletmes.
    Herhaal die lae en eindig met 'n laag koekies.
    Maak die koekstruif toe met die oorhangende plastiek en plaas in die yskas.
    Klits die 250 ml-room en 1 eetlepel strooisuiker tot styf sodra jy gereed is om te bedien.
    Keer die koekstruif uit op 'n mooi bord, en skep die geklitste room bo-op.

    Aanpassings vir 'n gesonder koekstruif
    ♦ Vervang die suiker met xylitol.
    ♦ Vervang die vingerbeskuitjies met glutenvrye koekies, banting-koekies of piesangbrood.
    ♦ Vervang die soetwyn met suikervrye jellie wat jy met een koppie kookwater aanmaak, en laat afkoel.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR