Resepte

  • Spinasieroerbraai
    Spinasieroerbraai
    Saterdag 12 Januarie 2019
    Program: Brkfis met Derrich
    Porsies: 4
    Gradering uit 10:
     
    (24 stemme)
  • Spinasie is ‘n besonder voedingryke groentesoort. Dit bevat verskeie vitamine en belangrike minerale. Onder andere is dit ‘n goeie bron van yster, magnesium en foliensuur. Dit bevat ook karoteen, wat belangrik is vir goeie sig. Dit versterk ook die immuunstelsel.

  • Bestanddele

    200 g chorizo, in skywe gesny (of spek, in repies gesny)
    5 ml olyfolie
    5 ml paprika (slegs as spek gebruik word)
    8 klein aartappels, gaar gemaak en in die helfte gesny
    125 g kersietamaties
    300 g jong spinasie
    150 g fetakaas, grof gekrummel
    1 avokadopeer, in 2 cm blokkies gesny
    sout en peper na smaak

    Metode

    Panbraai die chorizo of spek oor lae hitte in die olie.
    Indien jy die spek verkies, voeg die paprika by en braai vir ‘n verdere 2 minute.
    Voeg die aartappels by en braai tot goudbruin.
    Voeg die kersietamaties by en braai totdat die skilletjie begin bars.
    Voeg die spinasie by en roer goed totdat dit verwelk.
    Voeg die fetakaas en avokadopeer by, en roer tot verhit.
    Geur met sout en peper.
    Bedien dadelik.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR