Resepte

  • Lucky Star herderspastei met sardyne
    Lucky Star herderspastei met sardyne
    Dinsdag 14 Mei 2019
    Program: Oggend op RSG
    Gradering uit 10:
     
    (13 stemme)
  • Voeg ekstra voedingswaarde by hierdie gereg deur ’n halwe koppie cheddarkaas met die broodkrummels te meng vir die bolaag.

  • Bestanddele

    1 x 400 g blikkie Lucky Star Sardyne in Tamatiesous
    3 – 4 aartappels, geskil en in blokkies gesny
    2 eetlepels botter of margarien
    4 eetlepels melk
    sout en gemaalde swartpeper
    100 g gevriesde of blikkie gemengde groente, gedreineer
    ½ koppie sagte broodkrummels

    Metode

    Verhit die oond tot 200°C.
    Smeer ’n bakskottel.
    Kook die aartappels in kokende soutwater tot sag.
    Dreineer goed, druk fyn saam met die botter of margarien en melk, en geur met sout en peper.
    Keer die sardyne uit in ’n bak en breek in groot stukke in die sous op.
    Meng die groente liggies by en geur met sout en peper.
    Plaas die sardyn-en-groentemengsel in die bakskottel.
    Bedek met die kapokaartappel.
    Strooi die broodkrummels bo-oor en bak onbedek vir 20 – 30 minute tot bros en goudkleurig.
    Sit voor met  groente.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR