Resepte

  • Willie se Winterworssop
    Willie se Winterworssop
    Woensdag 12 Junie 2019
    Program: Tjailatyd
    Gradering uit 10:
     
    (37 stemme)
  • Bestanddele

    3 Russiese worsies, in ringe gesny
    1 ui, fyngekap
    3 knoffeltoontjies, fyngemaak
    500 g bevrore ertjies
    2 koppies water
    2 hoenderekstrakblokkies
    sout en peper
    ½ koppie vars room

    Metode

    Braai stukkies wors in botter in 'n kastrol.
    Haal uit en braai die ui en knoffel in dieselfde kastrol tot deurskynend.
    Voeg die res van die bestandele by, behalwe die room.
    Prut vir 30 minute.
    Plaas in voedselverwerker en verpulp.
    Voeg room by en sit voor.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR