Nou op die lug

Monitor

06:00-08:00

Interaktief

Resepte

  • Huiskok Errieda du Toit se saffraanpere
    Huiskok Errieda du Toit se saffraanpere
    Donderdag 11 Julie 2019
    Program: Oggend op RSG
    Gradering uit 10:
     
    (8 stemme)
  • Die bedwelmende parfuum en geure van saffraan werk baie goed met pere. Saffraanpere kan net so bedien word of met ‘n lekker roomys of sorbet, amandelkoek of vars mosbolletjies.

  • Bestanddele

    1 liter suikerstroop (Bring 750 ml water en 750 ml suiker tot kookpunt, en kook tot die suiker opgelos het - sowat 5 minute. Laat afkoel voor dit in die yskas geplaas word)
    375 ml dessertwyn
    50 ml lemoenbloeiselwater
    3 foelieblaadjies (mace)
    1 vanieljepeul, in die middel oopgesny (opsioneel)
    3 ml saffraandrade
    skil van 2 lemoene
    6 pere

    Metode

    Bring al die bestanddele, behalwe die pere, in ‘n groot kastrol oor matige hitte tot kookpunt.
    Verlaag die hitte en prut oor lae hitte vir 15 minute.
    Skil (indien verkies) en halveer die pere, verwyder die stronk en voeg by die kookvloeistof.
    Bedek die pere met ‘n vel was- of bakpapier, en hou dit bedek met vloeistof om eweredig gaar te maak en nie te verkleur nie.
    Prut vir 15 - 20 minute, of tot sag.
    Haal die pere versigtig uit die stroop en hou eenkant.
    Verhoog die hitte en kook die saffraanvloeistof af tot ‘n stroop.
    Dreineer die stroop deur ‘n fyn sif.
    Indien gebruik, skraap die vanieljesaad uit in die stroop en giet die stroop oor die pere.
    Bedien warm of teen kamertemperatuur.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR