Nou op die lug

Deurnag (Vrydag)

00:00-04:45

Empty

Interaktief

Resepte

  • Die ander antie se skuinskoekresep
    Die ander antie se skuinskoekresep
    Maandag 9 September 2019
    Program: alhoebekker
    Gradering uit 10:
     
    (20 stemme)
  • Foto: boerekos.com

  • Bestanddele

    10 ml kitsgis
    120 g suiker
    5 ml sout
    5 ml anyssaad
    600 g meel
    60 g botter
    300 ml water
    versiersuiker
    1 liter olie vir diepbraai

    Metode

    Meng alle droë bestanddele, behalwe die versiersuiker, saam.
    Voeg die water en botter by droë mengsel, en knie die deeg.
    Laat die deeg vir 10 minute rys.
    Knie die deeg af, en rol dit in ‘n lang wors.
    Sny die deeg in 5 cm skuins stukke.
    Laat die koeke weer rys tot dubbel hulle grootte.
    Diepbraai die skuinskoeke in voorverhitte olie tot donkerbruin.
    Dreineer die koeke op kombuispapier, en sprinkel versiersuiker bo-oor.
    Geniet dit met koffieof  tee, of saam met skaaptjops.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR