Nou op die lug

Dis opera

21:10-23:00

Interaktief

Resepte

  • SAAM se Skilpadjies
    SAAM se Skilpadjies
    Saterdag 21 Maart 2020
    Program: Reis sonder grense
    Gradering uit 10:
     
    (9 stemme)
  • Resep met vergunning uit SAAM, ‘n Eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte, geskryf deur Errieda du Toit en uitgegegee deur Penguin Random House (Struik).  Sy het hierdie resep saamgestel uit streeksgebruike van die Britstown, Pofadder en die Karoo.

  • Bestanddele

    1 lamsnetvet (Die netvet wat hier gebruik word, is die kantagtige membraan om die maag van die skaap, vark en bees)
    1 kg lamslewer, skoongemaak
    100 g niertjievet
    1 sny brood, gekrummel
    80 ml melk
    1 ml gerasperde neutmuskaat
    knippie droë kruienaeltjies
    1 klein ui, fyngekap
    2,5 ml gekapte vars tiemie
    30 ml bruinasyn
    30 ml Worcestersous
    sout en peper na smaak

    Metode

    Spoel die netvet in warm water af. Indien dit hard is, laat lê dit in water tot sag. Sny die lewer en niertjievet in baie klein blokkies of maal dit fyn.
    Week die broodkrummels in die melk tot sag.
    Voeg die broodmengsel by die lewer saam met die res van die bestanddele, behalwe die netvet.
    Sprei die netvet op ’n kapplank oop en sny die dikste vet gedeeltes uit. Gebruik die dunner vet gedeeltes en sny dit in ‘lappies’ van 10 cm x 10 cm.
    Skep ’n opgehoopte lepel lewermengsel op elke stuk netvet en vou die vulsel in die netvet toe.
    Steek vas met peuselstokkies en werk toe met growwe garing.
    Braai 15 minute oor matige kole totdat die vet bros gebraai en goudbruin is.

    Wenk: Dit kan ook in die oond gebak word vir 30 minute teen 180 °C.

    Wenk: Braai suurlemoenhelftes oor die kole en bedien by die skilpadjies.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR