Nou op die lug

Deurnag (Donderdag)

00:00-04:30

Empty

Interaktief

Resepte

  • SAAM se sonskyn bruinrysslaai met kerrieslaaisous
    SAAM se sonskyn bruinrysslaai met kerrieslaaisous
    Saterdag 4 April 2020
    Program: Reis sonder grense
    Gradering uit 10:
     
    (21 stemme)
  • Resep met vergunning uit SAAM, ‘n Eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte, geskryf deur Errieda du Toit en uitgegegee deur Penguin Random House (Struik).  Hierdie nostalgiese, heilsame braaislaai verskyn al sedert die 1970’s op ons tafels.

  • Bestanddele

    750 ml gaar bruinrys of gaar stampkoring
    750 ml vars pynappel, opgekap
    250 ml seldery, gekap
    125 ml gekapte groen soetrissie
    200 ml grof gerasperde rou botterskorsie (skil vooraf)
    1 rooi ui, fyngekap
    45 ml pietersielie, fyngekap
    60 ml goue sultanas
    50 g droë appelkose, gekap
    125 ml sade, soos sonneblom of pampoen

    Afronding: pynappelwiggies liggies op die braairooster of riffelpan gerooster, gekapte kruie of fyn boonspruite.

    Slaaisous
    125 ml olyfolie
    30 ml suurlemoensap
    7,5 ml kerriepoeier
    5 ml sojasous
    15 ml heuning
    1 knoffelhuisie, gekneus (opsioneel)

    Metode

    Meng al die slaaibestanddele, behalwe die sade in ‘n groot bak.
    Skud die slaaisousbestanddele saam in ‘n flessie en giet oor die slaai.
    Meng dit deur, en verkoel tot gebruik.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR