Interaktief

Resepte

  • Frik se Griekse suurlemoenaartappels
    Frik se Griekse suurlemoenaartappels
    Maandag 29 Junie 2020
    Program: alhoebekker
    Gradering uit 10:
     
    (28 stemme)
  • Bestanddele

    3 aartappels per persoon, geskil en in skywe gesny
    sap van 3 suurlemoene
    vars origanum
    semolina-meel
    hoenderaftreksel
    knoffel, gekap
    olyfolie
    peper
    sout

    Metode

    Rol die aartappels in olyfolie, sout, peper en origanum.
    Plaas die aartappels op ‘n bakplaat.
    Meng die hoenderaftreksel, suurlemoensap en gekapte knoffel om ‘n sous te maak.
    Giet die sous oor die aartappels, en bak vir 20 - 30 minute teen 200 grade Celsius.
    Haal die aartappels uit die oond, en plaas dit op ‘n skoon bakplaat met olyfolie.
    Giet die sous wat in die bakplaat oorgebly het in ‘n bakkie en hou eenkant.
    Sprinkel 3 teelepels semolina-meel oor die aartappels en bak vir ‘n verdere 30 - 40 minute tot bros.
    Giet die oorblywende sous oor die bros aartappels.
    Bedien as ‘n bykos saam met skaapboud.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR