Nou op die lug

Praat Saam

08:00-09:00

Interaktief

Resepte

  • Willie se volstruis-roerbraai
    Willie se volstruis-roerbraai
    Maandag 14 September 2020
    Program: alhoebekker
    Gradering uit 10:
     
    (10 stemme)
  • Bestanddele

    500 g volstruisfillet
    250 ml karringmelk
    1 ui, in ringe gesny
    2 knoffeltoontjies, fyn gekap
    2 wortels, in repies gesny
    5 babamielies, in ringetjies gesny
    2 rooisoetrissies, in repies gesny
    20 ml sojasous
    15 ml balsamiese asyn
    2 pakkies twee-minuut-noedels
    olie
    braaivleisspeserye

    Metode

    Marineer die fillet oornag in die karringmelk.
    Vee die fillet skoon, en sny in repies.
    Smeer die balsamiese-asyn oor die repies.
    Braai dit in olie tot amper gaar.
    Haal die vleis uit die pan en braai die res van die bestanddele, behalwe die vleis, noedels, sojasous en braaivleisspeserye, tot amper sag.
    Voeg die vleis, noedels, sojasous en braaivleisspeserye by en braai vir 'n paar minute.
    Bedien dadelik.

Hoeveel sterre gee jy hierdie resep?
* Verpligte velde

Stuur die resep aan n vriend


STUUR