19:30 - 20:00

Kompas

Met Mart-Leen Oosthuizen

Nou op die lug: 20:00 - 20:30

RSG Dokumentêr

Met Jody Hendricks

Jody Hendricks

Volgende: 20:30 - 21:00

Anders in Afrikaans

Met Ettienne Ludick

21:00 - 21:10

Nuus & Weer

Tuis | Aanbieders | Flip Loots
Flip Loots small web

Flip Loots

Flip Loots is ‘n geordende predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, wat tans voltyds in die radiobediening is. Hy verwerf sy doktorsgraad in 1983 aan die Universiteit van Pretoria met die tema: Die radio as kommunikasiemedium in diens van die prediking, en bied verskeie radioprogramme op RSG aan. Twee van sy radio-aanbiedingskursusse is by die Universiteit van Pretoria geakrediteer.

Sedert sy totstandkoming was dr. Loots ‘n lid van die SAUK se Godsdiens-uitsaaipaneel wat die korporasie se raad moet adviseer oor godsdiensuitsendings. Hy was een van die radiopioniers van die Afrikaanse diens van Transwêreldradio in Suid-Afrika sedert 1976, en vanaf 1983 tot 1985 besturende direkteur van Radiokansel. Hy is besturende direkteur van sy en sy eggenote, Karin, se maatskappy, Media Focus, wat Afrikaanse godsdiensprogramme vir RSG vervaardig.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: