REBECCA (ROLPRENT / NETFLIX)

REBECCA (ROLPRENT / NETFLIX)

Daphne du Maurier se REBECCA is een van die mees fassinerende en aangrypende stories ooit. Dit gaan oor ‘n valerige meisietjie (Lily Collins), wat met Maxim de Winter (Armie Hammer) trou. Wanneer sy by sy kasarm van ‘n huis aankom, ontdek sy dat Maxim se vorige vrou, die enigmatiese Rebecca, daar verdrink het. Haar teenwoordigheid domineer die huis, veral in die teenwoordigheid van die gevreesde mevrou Danvers (Kristin Scott Thomas) wat die jong vrou treiter. Dan bars die duiwel in sy al vlammende glorie los…

Ek het die rolverdeling te lig gevind, veral Kristin Scott Thomas, die produksie te kunsmatig onnatuurlik sonder dat die regisseur die Gotiese storie behoorlik verstaan het, en die tema sonder gewig en gesag in hierdie formaat. Dit doen eintlik ‘n onreg aan Rebecca. Maar as jy nie die roman ken nie, is hierdie kritiek nutteloos. Kyk daarna vir fliekplesier en om te sien wat daardie geteisterde huis alles tref. Dit mag jou meevoer en betower. Julle sal nie noodwendig met die 5/10 saamstem nie, maar as jy net na ‘n betowerende vermaaklike storie smag, kies REBECCA. Hou eerder verby as jy die roman bewonder.