THE TRIAL OF THE CHICAGO 7 (ROLPRENT / NETFLIX)

THE TRIAL OF THE CHICAGO 7 (ROLPRENT / NETFLIX)

THE TRIAL OF THE CHICAGO 7 is een van die moeilikste, maar mees gerespekteerde films van die jaar. Jy moet ‘n deurwinterde fliekganger wees om dit te oorleef, en ek het met nederige ontsag daarna gekyk. Dit kom uit die pen van die top draaiboekskrywer, Aaron Sorkin, ook die regisseur, en hy is puntenerig, veral waar dit kom by rolprente oor hofsake en dialoog. Dit voel asof jy filmeksamen skryf waarvoor jy nie geswot het nie. En aan die einde wonder jy of jy geslaag het.

Dit gaan oor sewe aktiviste wat ‘n optog gelei het waarin daar teen die Viëtnam-oorlog beswaar gemaak is, maar dit het byna in ‘n bloedbad ontaard toe die polisie en die betogers slaags geraak het. Die sewe sogenaamde belhamels is hof toe gesleep. Wat daar plaasgevind het en die bekoorloë wat soms buite beheer raak, laat ‘n mens duisel. Maar dit bring ook hulde aan die gesneuweldes. Beslis aanbeveel vir joernaliste: THE TRIAL OF THE CHICAGO 7 is uitmuntend en woordryk, en taai, maar bewonderingswaardig!