23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Donderdag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Sterre en planete

Sondag 5 Desember 2021

Sterre en planete 5 Desember 2021

Die teenwoordigheid van asteroïedes in ons hemelruim laat mense dikwels wonder en selfs kommer uitspreek.  Wat gebeur wanneer ‘n groot asteroïede die aarde tref? Jim Adams praat oor ‘n projek wat pas van stapel laat loop is om ‘n bepaalde asteroïede te deflekteer. Dis ‘n eksperiment om vas te stel of so ‘n hemelliggaam wel effe van koers af gestoot kan word. Daar is ook inligting oor die Parker-satelliet wat navorsing by die son doen, en wat twee rekords opgestel het.

Sondag 28 November 2021

Sterre en planete 28 November 2021

Wanneer jy is die veld loop en ‘n eienaardige klip sien, hoe sal jy weet of dit ‘n meteoriet is of nie? Daar is inligting oor wat in die hemelruim te sien sal wees in Desember. Die Meerkat-radioteleskoop in die Karoo het onlangs besondere beelde van sterrestelsels die lig laat sien. Die Meerkat is deel van die SKA-projek. Daar is ook interessante inligting oor ‘n teleskoop wat van 168 Canon 400 mm telefotolense gebruik maak om foto’s van sterre en planete te neem.

Vrydag 19 November 2021

Sterre en planete 21 November 2021

Die Hubble-ruimteteleskoop begin tekens van veroudering toon. Vir die tweede keer vanjaar moes die instrument in rusmodus geplaas word omdat sekere onderdele nie werk nie. Daar is ‘n interessante vuurpyl lanseermetode getoets wat nie van tradisionele vuurpylbrandstof gebruik maak nie. Die vuurpyl word baie vinnig “geswaai” en deur middel van kinetiese energie die lug ingeskiet.

Sondag 14 November 2021

Sterre en planete 14 November 2021

Stefan Lotz van die Suid-Afrikaanse Ruimte-agentskap op Hermanus vertel wat sy werk by die agentskap behels, en die metodies wat aangewend word om die aktiwiteite op die son waar te neem.

Sondag 7 November 2021

Sterre en planete 7 November 2021

Wat het die Trojane, die Grieke en Lucy met Jupiter te doen? Jim Adams vertel van die jongste sending met die naam Lucy.  Hy vertel waarom asteroïedes wat om Jupiter wentel, belangrik is. Die asteroïedes het hulle name te dankie aan die vroeëre geskiedenis en die stryd tussen Troje en die Grieke. Jim vertel ook van die probleem wat ervaar is om een van die sonpanele van Lucy ten volle ontplooi te kry, en wat dit vir die Lucy-sending beteken.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: